Local newsNewsSchools

Kloof wéér baas in Finsbury-kriekietreeks

Die reeks kon weens die Covid-19-pandemie nie verlede jaar plaasvind nie, maar Waterkloof het óók in 2020 met die titel weggestap.

Hoërskool Waterkloof se eerste krieketspan, onder leiding van Cobus Pienaar en Rigardt Roos het onlangs hulle titel as Finsbury-reeks-kampioene verdedig nadat hulle Die Hoërskool Menlopark met 113 lopies uitoorlê het.

Die reeks kon weens die Covid-19-pandemie nie verlede jaar plaasvind nie, maar Waterkloof het óók in 2020 met die titel weggestap.

Die eindstryd het verlede Saterdag op Waterkloof se velde plaasgevind.

Waterkloof het die loot gewen en hulle kolwers eerste ingestuur.

Die gasheerspan het oor die toegelate 50 boulbeurte, ’n totaal van 295 na sewe paaltjies gemoker.

Kolwers, Marcus Bakker (74) en Stefan Driemeyer (73) was van Kloof se beste kolwers op die dag. Christiaan Janse van Vuuren en Christiaan du Toit het onderskeidelik 49 en 48 lopies vir hul span aangeteken.

Die Hoërskool Menlopark se Corné Burger het twee paaltjies na 57 lopies laat kantel en Steve Stolk het ook sy deel vir die besoekers gedoen met 2/72.

Menlopark is vir 182 vir 10 na net 37.4 beurte terug kleedkamers toe gestuur.

Bakker (2/0), Tristan Luus (2/20) en Wian Ruthven (2/32) se boulwerk, het die kolwers van Menlopark finaal geknak.

Menlopark se o.15A-span het egter hulle eindstryd teen Waterkloof gewen met die dat laasgenoemde met 92 lopies vasgeval het.

Kloof se tweedespan is as die kampioene van die IXU-reeks gekroon nadat hulle Prestige Kollege met 12 lopies geklop het.

LEES MEER: Ontmoet SA se eie 13-jarige monstertrokdrywer van HTS John Vorster

Só het Waterkloof se eerstespan tot die aanloop na die eindstryd gevaar:

– Kloof vs. Hoërskool Rustenburg – wen met 75 lopies
– Kloof vs. Hoërskool Nelspruit – wen met 255 lopies
– Kloof vs. Hoërskool Centurion – wen met 108 lopies
– Kloof vs. Die Hoërskool Menlopark – wen met 113 lopies

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button