Local newsNews

FAK se familiefees lok jonk en oud na Voortrekkermonument

Daar was 21 uitstallers by die fees, waarvan drie familiebonde (die Vermeulens, Malans en Hennings) en verder nog tien families was.

Die FAK het Saterdag vir die eerste keer in vier jaar weer in lewende lywe ’n familiefees gehou.

Die FAK Genealogie- en familiefees wat by die Voortrekkermonument aangebied is, het oud en jonk gelok, om meer van hul eie erfenis te leer.

Daar was 21 uitstallers by die fees, waarvan drie familiebonde (die Vermeulens, Malans en Hennings) en verder nog tien families was.

Selfs bekendes het kom gesig wys by die fees.

Wat min mense weet, is dat die Suid-Afrikaanse radiopersoonlikheid, Gareth Cliff, ’n nasaat van Piet Retief (’n Voortrekkerleier) en Andries Pretorius (leier van die Boere) is.

Suid-Afrikaanse radiopersoonlikheid, Gareth Cliff.

“Ek is definitief trots-Afrikaans en ek is lief vir my taal. Ek dink die Afrikaners is uitstekende mense. Ons is ’n sterk, eerbare en trotse nasie. Dis wonderlik dat daar feeste is waar mense meer van hul herkoms kan leer,” sê Cliff.

Dr. Johan Ernst, die gasspreker by die geleentheid en navorser vir die Botha-familienaam, vertel die staaltjie van die soeke na die vrou met die sewe name: Susara Susanna Gesina Elizabeth Jacoba Margaretha Magdalena Botha.

Genealogie-boeke was te koop by die famieliefees.

Deur verdere navorsing het hy agtergekom waar Botha vandaan kom en wanneer sy gesterf het, maar kon tot en met vandag toe nie haar doopregister opspoor om vas te stel wanneer sy gebore is nie.

Die versoek oor die herkoms van Botha kom van ’n familielid Mariette Benadé wat al van 2016 in Kalifornië, VSA, woon.

Selfs die jongmense van vandag stel belang in hul herkoms.

Dr. Johan Ernst.

Shay-Li du Toit (16) wat die fees saam met haar oupa besoek het, vertel dat sy graag plakkate van Susara teen haar kamermuur wil hang.

Elsa de Jager het onlangs by ’n klub vir genealogie by Oostvallei Aftree-oord aangesluit waar die hele klub die geleentheid bygewoon het.

“Ek is op soek na leiding oor waar om te soek vir inligting,” sê De Jager.

Hoof van Erfenisbewaring by die Erfenisstigting, Jaco Ciliers, sê dat elkeen ’n ambassadeur vir hul eie erfenis is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button