NewsSchools

Drie entrepreneurs van Hoërskool Oos-Moot in aksie in ‘Maak my ’n Miljoenêr’ kompetisie

Matthew Blaauw en Mia de Beer is op die einde van die dag as deel van die top 10-finaliste aangewys wat na die finale ronde toe deurgedring het.

Sewe leerders van Hoërskool Oos-Moot het oor die vakansie aan die “Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie meegeding.

Oos-Moot se entrepreneurs, het hul besighede ten toon gestel om hul vernuf as entrepreneurs te wys.

Matthew Blaauw en Mia de Beer is op die einde van die dag as deel van die top 10-finaliste aangewys wat na die finale ronde toe deurgedring het.

Blaauw het met die inisiatief vorendag gekom waar hy voedselprodukte aanlyn verkoop wat voor jou deur afgelaai word terwyl De Beer besighede se handelsmerke op enige denkbaar manier, op klippe, plant, potte, liniale en sakrekenaars verf.

Die “Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is ’n inisiatief deur skrywer Albert van Wyk van How to become a millionaire at 22.

Matthew Blaauw. Foto: Verskaf

Van Wyk is op soek na dié hoërskoolentrepreneur wat in sy voetspore kan volg om die volgende miljoenêr te word.

Hierdie entrepreneur sal dan met die trofee vir die algehele entrepreneur van die jaar wegstap asook pryse ter waarde van R1-miljoen.

Van Wyk en sy span het 16 skole reg oor Pretoria en Johannesburg in die laaste maand besoek met die doel om entrepreneurskap te bevorder asook die volgende miljoenêr te vind.

Uit 15 000 leerders, het 75 deurgedring met hulle video-inskrywings van hul besighede.

’n Totaal van 20 leerders het na die volgende ronde deurgedring waar beoordelaars soos Ché Nel, Hope Nkambule, Ruan van Zyl, Warren Janisch en Louis-Niel Korsten vrae op die brandbank gevra het om te kyk of dit in die finaliste se broekspype sit om dalk die volgende miljoenêr te kan word.

Phillip Booysen. Foto: Verskaf

Hier was Phillip Booysen, Blauuw en De Beer in aksie gewees.

Die skool staan bankvas agter Oos-Moot se entrepreneurs en wens hulle die beste toe met die laaste ronde van die kompetisie.

Uitsendings word vanaf Junie uitgesaai.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button