Local newsNews

Plaaslike viool-speler vir gesogte musiektoekenning genomineer

"Die musikante wat ook benoem is, is uitstekend, maar ek sou nooit kon raai dat my naam ook op die lys sal verskyn nie."

’n Plaaslike “rock” viool-speler van die ooste van Pretoria, Johan Scheppel het die musiekkringe aan die gons met die unieke styl waarop hy Afrikaanse liedjies in ’n rock/klassieke produksie omskep.

Dié 37-jarige se album, “Afrikaans” is vir die beste klassieke/instrumentale album van die jaar vir die opkomende Suid-Afrikaanse Musiektoekennings genomineer.

“As ek hierdie toekenning in die sakkie het, sal dit ’n groot eer en ’n voorreg wees.

“Dit is ’n instrumentale album, die liedjies is Afrikaanse musiek en die instrument wat gebruik word, is ’n viool – dit is iets unieks.

“Ek het glad nie verwag om genomineer te word nie. Dit is beslis ’n eerste vir my,” sê hy.

Foto: Liezel Scheppel van Picture Perfect Studios

Groot name in die musiekbedryf soos Wouter Kellerman en David Arkenstone, Khanyisile Mthetwa, Charl du Plessis Trio asook Franco Prinsloo is ook in die wedloop om moontlik met dié toekenning vir bogenoemde album weg te stap.

“Die musikante wat ook benoem is, is uitstekend, en ek sou nooit kon raai dat my naam ook op die lys sal verskyn nie.”

Sy inpirasie agter die album, is die liedjies, sangers en skrywers.

“Ek wou my stempel op ons grootste treffers afdruk.”

Van sy gunstelingliedjies op die album, is “Geel” (Julie) en “Karoonag.”

“Daar is soveel liedjies tans en in die verlede wat inslag by my vind. Die groot vereiste vir my, was melodieë en liedjies met interessante akoorde en strukture.”

Scheppel is reeds besig om aan sy tweede Afrikaanse album te werk.

Foto: Liezel Scheppel van Picture Perfect Studios

In 2016, het die Engelse klawerbordspeler, komponis en liedjieskrywer, Rick Wakeman op Scheppel se musiek afgekom en hom genader om deel van die “All-Star Vivaldi Metal Project” waar hy saam met 20 van die wêreld se gewildste kunstenaars deel van ’n konsert uitgemaak het.

Scheppel het reeds ’n hele paar hoogtepunte op sy kerfstok met die dat hy by die Pro Am Data by Fancourt vir die opening van die 2022 Europese Gholf-ope opgetree het.

Hy het reeds wyd en suid op plaaslike verhoë en feeste soos die KKNK, Skouspel, Innibos nasionale kunstefees, Aardklop, Lyric Theatre, RandLords, die Staatsteater en Lusitoland opgetree asook sy verkyning op die internasionale verhoor van Duitsland tot Abu Dhabi gemaak.

Die voormalige leerder van Die Hoërskool Wonderboom, het ook saam met kunstenaars soos Jethro Butow, Sello Galane, Themba Mkize en Keith Hutchinson (Savuka) gewerk.

In 2021 het Scheppel ’n eksklusiewe opname-ooreenkoms met Universal Music Group – die wêreld se voorste musiekgebaseerde vermaaklikheidsmaatskappy gesluit en het sy eerste enkelsnit “Thunderstruck” vrygestel.

Die musiektoekennings word op 31 Julie op SABC1 uitgesaai.

Kyk hier na van die snitte uit sy album, “Afrikaans”.

Toe vind ek jou:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button