Laerskool Tygerpoort se o.9-rugbyspan hou Stadsbeker omhoog
"Ons is geweldig trots op hierdie klomp seuns wat deur die seisoen kliphard gewerk het om hierdie besonderse prestasie te kon behaal. Hulle het tot in die laaste minute van die kragmeting aanhou baklei vir daardie trofee en ware veggees getoon. Julle kan baie trots wees,” sê Smit.
Laerskool Tygerpoort se o.9-rugbyspan is as vanjaar se kampioene van die Stadsbeker gekroon nadat hulle Laerskool Wierdapark in die eindstryd met 12-5 geklop het.
Die eindstryd is kort voor die aanvang van die skoolvakansie, op Naka Bulle-rugbyklub se velde, beslis.
Tygerpoort het vanjaar in die A2-liga (skole met minder as 1 200 leerders) deelgeneem en het bo-aan die punteleer geëindig.
Gedurende die half- en eindstryde van die Stadsbeker het hulle in die A1-liga (leerders met meer as 1 200 leerders) deelgeneem.
Die rustydtelling, was 5-0 in Wierdapark se guns.
Na ’n geoefende strafskopbeweging, het Tygerpoort ’n vyfpunter aangeteken. Milan Jordaan het die bal net-net misgeskop.
In die laaste minuut van die kragmeting, was dit egter Tygerpoort se buitesenter, Liam de Bruijn, wat die bal opgetel het en die wendrie vir sy span besorg het met Milan wat die drie verdoel het.
Milan het ’n skoprekord van 31 uit 36 skoppe deur die pale.
In die halfeindstryd, het Tygerpoort teen Laerskool Elarduspark te staan gekom waar hulle hierdie kragmeting met 12-7 gewen het.
Hierdie beker het vir die eerste keer sedert die skool se bestaan, in 2019 in die voorportaal gespog terwyl die o.9’s op dieselfde dag daardie jaar as oorwinnaars uit die stryd getree het.
Onder die afrigting van Waldo Prinsloo en Hanro Smit, sal nie net breiers nie, maar ook hierdie groep seuns se name in die geskiedenisboeke vasgepen word.
“Ons is geweldig trots op hierdie klomp seuns wat deur die seisoen kliphard gewerk het om hierdie besonderse prestasie te kon behaal. Hulle het tot in die laaste minute van die kragmeting aanhou baklei vir daardie trofee en ware veggees getoon. Julle kan baie trots wees,” sê Smit.
Daar is oor die afloop van die rugbyseisoen, net 12 punte teen die span van Tygerpoort aangeteken.
Só lyk Laerskool Tygerpoort se o.9-span wat die A-bond gewen het:
Milan Jordaan, Alexander Lombard, PJ Potgieter, Henro Ferreira, Ricardo Fanfoni, Dawid Cronje, Ruben Germishuys, CJ van Schalkwyk, Nielen Reinach, Zian Bornmann, Marco Dreyer, RP Muller, Liam de Bruijn, Ryno Smit, Joshua Viljoen, Aiden Juterbock, Ruben de Wet, Christer van der Merwe, Regardt de Jong, JP Buys, Francois Retief en Richard Griessel.
Kyk die hoogtepunte hier: https://youtu.be/y6i8motO4f0
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.






