News

Christiaan Baartman se nuutste enkelsnit

Talentvolle sanger skryf pragliedjie oor die liefde

As jy gelukkig genoeg is om die een te ontmoet saam met wie jy die res van jou lewe wil spandeer, moet dit gevier word. Dit is presies wat die sanger en liedjieskrywer, Christiaan Baartman, doen met sy splinternuwe enkelsnit wat reeds op die radio gehoor kan word.

“Dis Jy” is ’n folk-popsnit, uit sy eie pen en ateljee, wat gaan oor die oomblik wat jy besef dat jy die tipe liefde ontdek het wat jy vir altyd wil koester.

“Dis Jy” is Christiaan se 14e enkelsnit in drie jaar en volg in die voetspore van suksesvolle treffers soos “As Hy Vir Jou Nog Lief Was”, “Net ’n Bietjie”, “Stof”, “’n Vriend Soos Jy” (’n lekkerluister-duet saam met Mack Rapapali), “My Vrou” en “Die Beste Deel”.

Tans werk die kunstenaar juis weer saam met Mack aan sy nuutste enkelsnit. Hy help ook uit met ’n rolprentprojek en beplan saam met George Parker aan ’n geestelike album. Verder is hy ook besig om sielkunde te studeer en beplan om nog ten minste twee enkelsnitte binnekort uit te bring.

Hy is ook ’n deelnemer in die kykNET-program Ontbytsake se liedjieskryfkompetisie en is hy opgewonde om te sien wat die res van dié reis vir hom inhou.

Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik. Oor die jare, het hy baie hoogtepunte bereik waaronder verskeie musiektoekennings, ’n kinderalbum saam met Leon Jonkman; om die finale ronde te bereik op Idols SA in 2006; om vir Smokie te open in 2012; sy optrede by Huisgenoot Skouspel in 2007; en vele meer. Lees ook: Kom kyk en luister – vermaak vir die naweek

Om terug te wees op die verhoog is vir hom ’n groot voorreg en hy beskou elke optrede as ’n hoogtepunt.

“Dis Jy” is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/dis-jy

YouTube: https://www.youtube.com/user/ChristiaanRock/featured?view_as=subscriber

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button