Lig in mense se lewens: as ek kan, kan jy ook
Die boodskap was duidelik: As ek kan, kan jy ook. So het ’n handvol talentvolle gestremde kunstenaars na een en almal uitgereik by AfriForum se tweede LiG (Liefde in Gestremheid) konsert die afgelope naweek.

Mense met spesiale behoeftes het swaarder getrek onder die inperkings van die afgelope twee jaar as ander, en die LIG-konsert was ’n geleentheid om erkenning te gee aan kunstenaars soos Vernon Barnard, Mathys Roets, Drihan du Plessis, ook bekend as Prop en andere wat hul boodskap en musiektalent met die gehoor gedeel het.
Die boodskap was duidelik: As ek kan, kan jy ook. So het ’n handvol talentvolle gestremde kunstenaars na een en almal uitgereik by AfriForum se tweede LiG (Liefde in Gestremheid) konsert die afgelope naweek.
Honderde mense het na die Sol-tech kampus gestroom om die konsert te besigtig.
Rochelle Veenemans, die blinde kleindogter van die alombekende operasopraan Barbara Veenemans, het ’n pragbegin gemaak
Die akteur Eric Holm wat in 2007 ’n kwadrupleeg geword het toe hy in ’n dam ingeduik en sy nek gebreek het, was saam met Monique Steyn aanbieder.
Monique het die gehoor met “Sweef soos ’n arend’ aan haar lippe laat hang.
sl / jo