Mnr. en Mej. Zwarrie 2022 vind in groot styl plaas
Op Woensdag, 20 Oktober het maande se beplanning en oefening bymekaar gekom op die Hoërskool Zwartkop verhoog in ’n skouspel van kleure, danspassies, aandrokke en -pakke.
Op Woensdag, 20 Oktober het maande se beplanning en oefening bymekaar gekom op die Hoërskool Zwartkop verhoog in ’n skouspel van kleure, danspassies, aandrokke en -pakke.
Die Mnr. en Mej. Zwarrie is een van die hoogtepunte op Hoërskool Zwartkop se kalender en altyd ’n kleurspel van opwinding en pret.


Die organiseerder, me. Marieza Steyn, en haar komitee het van dié pragtige aand, ’n groot sukses gemaak. Verskeie rolspelers het gesorg dat dié aand seepglad verloop het.
Die uitslae van die kroningsaand is as volg: Mej Debutant gaan aan Mieke Vermeulen en die Mnr. Galant-toekenning behoort aan Luan Wakeford. Mej. Finesse 2022 is Taryn Mosdell en Mnr. Persoonlikheid gaan aan Wihan van den Berg.
Mej. Persoonlikheid is niemand anders as Minette de Souza Allegria. Diwan van Rooyen is as Mnr. Fotogenies aangewys, terwyl Nika van der Westhuizen met die titel van Mej. Fotogenies wegstap.
Luan Wakeford is as die tweede prins aangekondig terwyl die eerste prins titel aan Reagan Smith gaan. Die Mnr. Zwarrie van 2022 is Wihan van den Berg.

Nika van der Westhuizen is as tweede prinses aangewys en Minette de Souza Allegria is eerste prinses.
Die titel van Mej. Zwarrie 2022 gaan aan die pragtige Anika Williams.
Baie geluk aan me. Steyn en die deelnemers met ’n prag aand en dankie aan elkeen wat die geleentheid kom geniet en ondersteun het.
LEES OOK: VLU-Vroue wil die natuur bewaar
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
