EntertainmentLocal newsNews

Marcel Dalmayda nuwe enkelsnit geïnspireer deur ouskool-rock

“Dit gaan oor die seksuele energie wat in musiek vasgevang is en daai aangetrokkenheid wat mense voel wanneer hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet,” verklap hy.

Marcel Dalmayda is al vir nege jaar in die musiekbedryf doenig en is veral gewild in rockmusiekkringe.

Met sy nuutste enkelsnit “Kom Kry Van Myna” bewys hy net weereens hoekom hy sy plek in hierdie genre verdien.

“Dit gaan oor die seksuele energie wat in musiek vasgevang is en daai aangetrokkenheid wat mense voel wanneer hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet,” verklap hy oor die betekenis agter dié klassieke pop-rocksnit wat hy saam met Louwrens Bezuidenhout geskryf en vervaardig het.

Volgens hom, is die liedjie geïnspireer deur ouskool-rock en pas dit sy styl en stem soos ’n handskoen.

Die musiekvideo, wat sy wortels in die 80’s het, fokus op die musikante wat musiek maak.

“Daar is nie ’n spesifieke storielyn nie en die idee is om eg, eerlik en rou te wees en nie terug te hou nie,” verduidelik hy.

Die video is deur Leon Barnardt verfilm en Marcel en Louwrens was self verantwoordelik vir die konsep.

“Kom Kry Van Myne” is die kunstenaar se vierde enkelsnit en volg in die voetspore van sy vorige Afrikaanse vrystellings, “Dis Hoe Sy Dans” en “Bly Bietjie Langer” wat baie goed ontvang is en steeds oor die radio gehoor kan word.

Marcel het in 2013 professioneel begin sing, maar het eintlik in die kleuterskool sy debuut op die verhoog gemaak toe hy vyf was.

Dié Pretorianer spog met ’n indrukwekkende lys loopbaanhoogtepunte, waaronder sy blinde oudisie op en deelname aan The Voice SA in 2016, verskynings op Noot vir Noot en Musiek Roulette en vele meer.

Musiek was nog altyd deel van hierdie 28-jarige kunstenaar se lewe en hy is mal oor rockgroepe en -musikante soos Bon Jovi, Guns N Roses, Aerosmith, Billy Idol, Queen, Def Leppard, AC/DC en Mötley Crüe, wat almal ’n invloed gehad het op sy eie styl.

Hy erken ook dat sy eie lewenservaringe en verhoudinge die grootste inspirasie is agter sy lirieke.

Tans is hy besig om te werk aan nuwe musiek en geniet hy dit om na die Covid-19-pandemie weer op die verhoog en tussen vriende te wees.

Marcel is konstant besig om na die volgende groot treffer te soek en met “Kom Kry Van Myne” is hy beslis op die regte pad.

LEES OOK: Aitsa Trust bederf vanjaar bejaardes saam met Helpende Hand

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button