AfriForum verwyder 50 daggabome uit spruit
Die buurtspan was besig om die Noodspruit skoon te maak toe hulle op die plantasie afkom.
AfriForum se Groter Moot-tak het Vrydagaand ongeveer 50 daggabome uit die Noordspruit verwyder.
“Die buurtspan was besig om die Die Moot Noordspruit skoon te maak van Fratesweg tot by Voortrekker.
“Hulle het Vrydag begin skoonmaak by 18e Laan en toe op die plantasie afgekom,” het buurtbeampte vir AfriForum Groter Moot, Andries Opperman aan Rekord vertel.
“Die sluipslapers het ook vroeër die dag snedige opmerkings gemaak toe ’n patrollievoertuig daar deur gery het dat AfriForum nie daar moet kom nie.

Foto: verskaf
“Die kiewiet lawaai altyd die hardste hoe nader jy aan sy nes kom.
“Die buurtwag het dadelik ’n operasie gereël om die plantasie te gaan uithaal.”
Opperman is baie bly dat hulle die bome gevind het weens die feit dat baie kinders in die omgewing rondloop en word dus bloodgestel aan dwelms en misdaad.
“’n Hawelose persoon is bietjie meer as ’n week ses keer met ’n mes gesteek in dieselfde straat.
“Dit was dus duidelik dat hierdie area besig was om ’n misdaad knelpunt te word.
Opperman sê die buurtwag het in twee spanne gewerk.
“Een span het wag gehou en die veiligheid verseker van ’n tweede span wat die plante, wat binne die spruit geplant was, verwyder het.
Opperman en die buurtwag bedank ook die Moot-polisie vir die vriendelike en professionele ontvangs en hantering van die saak.
“Die daggabome is by die stasie ingehandig.”

Opperman sê Moot-inwoners moet bewus wees van die gevare van daggamisbruik.
“Alhoewel die persoonlike gebruik van dagga gedekriminaliseer is, is die kweek daarvan met die doel om dit te verhandel wel onwettig.
“Die uitdaging is ook dat skoolkinders in die Moot wat daaraan blootgestel word, ook gou oorgaan tot die gebruik van sterkter dwelmmiddels,” sluit Opperman af.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
