Affie- seuns spring in om die gemeenskap te help na vloede
Seuns rol vroegoggend moue op om Nelmapiusweg weer toeganglik vir motoriste te maak

‘n Groep Affie-seuns word wyd geloof op sosiale media nadat hulle Vrydag oppad skool toe versperrings uit n pad in Irene verwyder het.
Die Hennopsrivier was Vrydag in vloed weens volgehoue, swaer reën en paaie in Centurion, insluittend Nelmapiusweg, was oorstroom en met versperrings besai.
“Die swaar weer van die afgelope paar dae maak dit nie net moeilik om aan sport deel te neem nie, dit maak dit soms moeilik om by die skool te kom,” het Affies in ‘n Facebook plasing verduidelik.
“Vanoggend het ‘n bussie vol Affie-seuns in gespring en ander motoriste gehelp om klippe en ander versperrings uit die pad te rol vir ander padverbruikers nadat die Hennopsrivier die nag reeling verskuif het.”
Boodskappe het op sosiale media ingestroom en die skoolseuns geprys.
“Trotse Affies guts, mooi so, manne,” skryf Carin Immelman.
Neliia van Zyl: “Tipies die Affieman.
“Super trots op julle!”
Elsabe de Bruyn: “Affie manne, julle is ons hartklop.
“Julle gee ons hoop, hou so aan.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
