Local news

Die Pieter Human Park het ’n spesiale plek in Moot-inwoners se harte.

“Van jonk tot oud staan agter die greep van die Projek, “Saam doen ons meer,” en die inspirasie wat dit versprei onder die Inwoners is waarlik fantasties.

Die Pieter Human Park-projek lê die inwoners van die Moot na aan die hart en op Saterdag, 23 September was dit tyd vir mooimaak vir die somerseisoen.

Die projek behels die plant van plante, skoonmaak, en herstelwerk by die Pieter Human Park tussen Meyerstraat-en Cunninghamlaan.

Nadat die Mootprojek uitgereik het aan inwoners om plante te skenk, het die publiek letterlik bakkievragte vol plante geskenk en by ’n plaaslike tuinwinkel afgelaai.

Menigte plante is Saterdag in die park se leë beddings geplant.

Van hierdie plante is op Moot se sypaadjies geplant, maar op Saterdag was die meerderheid in die menigte leë beddings van Pieter Human Park geplant.

“Dit is vir my so wonderlik dat die jongmense eienaarskap neem van hulle omgewing deur om dit skoon en netjies te hou. Dit is ’n baie ou sêding dat as mens begin om die klein goedjies reg te maak, dit oor ’n tydperk ook baie van die groot probleme sal oplos,” sê Martie de Beer, ’n afgetrede inwoner van Waverley.

Menigte plante is Saterdag in die park se leë beddings geplant.
“Van jonk tot oud staan bankvas agter die leuse van die projek ‘Saam doen ons meer’.

Tannie de Bruin, ’n bejaarde inwoner wat al baie jare in Rietfontein woon, sê “die projekte is so ’n wonderlike beweging. Ek volg al die doen en late van wat gebeur in ons gemeenskap”.

Inwoners het begin deur al die opgehoopte rommel in die park op te tel, wat sowat 35-40 groot geel sakke vol gemaak het, wat verwyder is na ’n wettige stortingsterrein.

Die beddings is omgespit en verskeie van die inheemse plante wat geskenk is, is geplant en gewater.

Die bome in die park is gesnoei en al die dooie palmtakke wat te hoog was om voorheen te verwyder, is afgehaal en weggegooi, en ’n lekkende besproeiingspyp is herstel.

“Die park is sonder twyfel nou in ’n baie beter toestand as wat dit was toe ons daar aangekom het. Ons hoop en vertrou dat Tshwane se werkers dit sal onderhou nadat die staking verby is,” se Hennie Mostert, mede-stigter van die projek.

Menigte plante is Saterdag in die park se leë beddings geplant.

Die Mootprojek het almal wat deel was van die skoonmaaksessie hartlik bedank. Dewald Burger het, soos altyd, ook weer sy besigheid se mannekrag gebruik om te help waar hulle kan.

Petrus du Rand, ’n oud-onderwyser in die Moot, sê “Van jonk tot oud staan bankvas agter die leuse van die projek ‘Saam doen ons meer’. Die inspirasie wat dit versprei onder die inwoners is waarlik fantasties. Ons maak kinders groot, wat dit sien as ’n norm om om te sien en om te gee vir die gebiede waarin hulle woon. Dit kan net ’n beter toekoms vir ons almal beteken.”

Moot-leerlinge ding mee om as die volgende miljoenêr gekroon te word

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button