CrimeLocal newsNews

Bittereinderleier kry borgtog van R1 000 na beweerde mokerhou met brandewynbottel in kroeg

Die Bittereinderleier het borgtog gekry nadat hy gearresteer is vir ’n kroeggeveg in Capital Park.

Bittereinderleier, Francois van der Merwe, is op 6 Desember op borgtog van R1 000 vrygelaat nadat hy Dinsdagmiddag by die Wonderboom-polisiestasie gearresteer is.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in Gauteng, het aan Rekord bevestig Van der Merwe sal weer op 29 Januarie 2024 in die hof moet verskyn.

Adjudant-offisier Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het aan Rekord bevestig die klaer, wie se naam op versoek weerhou word, Van der Merwe van aanranding met die doel om te beseer beskuldig het.

Van Dyk het verduidelik die hofverskyning van Van der Merwe spruit uit ’n voorval op 2 Desember net na middernag in die Vellies-kroeg in Capital Park.

Die klag was aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Volgens Van Dyk het die klaer ’n jaareindfunksie vir sy werk in die kroeg bygewoon.

“Volgens die klaer het Van der Merwe hom met vrae genader. Die klaer het verklaar dat Van der Merwe onder die invloed van drank en arrogant was,” sê Van Dyk.

Hy het bevestig dat Van der Merwe volgens die klaer se klag hom met ’n 750 ml Richelieu bottel brandewyn oor die kop geslaan het.

Hiervoor moes die klaer steke kry en het ’n klag aanhangig gemaak.

Van der Merwe is die direkteur van die beweging wat hulself op hul sosiale media beskryf as: “Die beweging wat onbeskaamd alleenlik vir Afrikaner en Boere belang baklei”.

Hy was nie bereid om ’n onderhoud aan Rekord toe te staan nie.

LEES OOK: Video beteken moontlike nuwe tradisie by Afrikaanse Hoër Meisiekool

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button