News

Bejaarde Sinoville inwoner skiet twee aanvallers in huis dood

n 80-jarige Sinoville inwoner het Dinsdag twee aanvallers in sy huis doodgeskiet nadat hulle hom aangerand het.

‘n 80-Jarige inwoner van Sinoville het Dinsdag terug baklei toe hy in sy huis deur twee aanvallers aangeval en aangerand is.

Die bejaarde man het die twee aanvallers dood geskiet.

Lees ook: Bela slaag ten spyte van betogings en oproepe tot aksie

Volgens polisiewoordvoerder AO Johan van Dyk, toon die voorlopige inligting dat die bejaarde man en sy dogter kort voor 06:00 saam in die huis, in Magalieskruin besig was om groente en vrugte voor te berei.

Hulle verkoop dié groente en vrugte by die mark.

Sy dogter het gery en haar pa het haar buite afgesien. Daar word vermoed dat in die tyd was dat die man by die huis ingeglip het.

Van Dyk sê die man het sy honde gehoor blaf en grom en sy vuurwapen gaan haal voor hy die erf en die huis deursoek het.

Dis toe dat hy ‘n vreemde man in in een van die kamers betrap het.

Die aanvaller het glo op die bejaarde man afgestorm en sy vuurwapen probeer afneem. Die man het twee skote afgevuur en die aanvaller getref.

‘n Twee aanvaller het skielik van agter die bed verskyn en die bejaarde man ook aangeval.

Daar was ‘n struweling en die nog ‘n skoot is afgevuur en die aanvaller is getref.

Van Dyk sê die polisie is ontbied en

‘n Saak van huisroof sowel as ‘n geregtelike ondersoek is geopen.

Die bejaarde man het kopbeserings opgedoen tydens die aanval is na ‘n mediese sentrum toe vir behandeling.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button