Local newsNews

Voormalige weermagshoof sterf

'n Voormalige weermagleier is op 3 September op die ouderdom van 84 in Pretoria oorlede.

Die laaste hoof van die SA Weermag en die eerste hoof van die SA Nasionale Weermag, generaal Georg Meiring, is op 3 September in die ouderdom van 84 in sy huis in Pretoria oorlede.

’n Verklaring deur die familie lui: “Hy het vreedsaam in die teenwoordigheid van sy familie gesterf”.

Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.

Hy word oorleef deur sy vrou Annchen, seuns Pieter, Wouter en Georg, dogters Mari, Anna en Sanel, asook sy kleinkinders en agterkleinkinders.

Meiring was van 1993 tot 1994 hoof van die SA Weermag en van 1994 tot 1998 die eerste hoof van die SA Nasionale Weermag.

Hy was ’n oud-militêre bevelvoerder van Ladybrand in die Vrystaat.

Na die verkryging van ’n MSc-graad in fisika aan die Universiteit van die Vrystaat, het hy in 1963 as ’n seinbeampte by die Suid-Afrikaanse Leër aangesluit.

In 1974 is hy as die direkteur van die sein-afdeling (DSigs) van die Suid-Afrikaanse Leër aangestel.

Hy het van 1982 tot 1983 as adjunkhoof van die leër gedien en van 1983 tot 1987 as die hoof van die Suidwes-Afrika Gebiedsmag.

Hy was later die hoof van die Verre Noord Bevel, weer adjunkhoof en later hoof van die leër van 1990 tot 1993.

Meiring ontvang in 1998 die Suid-Afrikaanse Orde van die Ster (goud).

Hy het ook die orde van Cloud and Banner 4de klas van Taiwan ontvang.

Besonderhede oor sy begrafnis en gedenkdiens sal mettertyd bekend gemaak word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button