News

Snotkop se grootste fan saam met hom op die verhoog

Dié negejarige Logan Botha se drome het waar geword toe hy nie net Snotkop ontmoet het nie, maar ook saam met hom op die verhoog gedans het.

Dié negejarige Logan Botha het onlangs sy drome oortref toe hy nie net sy musiekheld, Snotkop, ontmoet het het nie maar ook saam met hom op die verhoog gedans het.

Volgens sy ma, Michaela, was hulle omtrent bederf die afgelope Saterdag.

“Dit was omtrent ‘n besige dag! Logan het vroeg opgestaan en eers na Groot FM gegaan, waar Snotkop hom verras het. Daarna het hulle by Panarottis gaan eet, waar Groot FM hulle ook bederf het, en daarna het hulle na Fun Company gegaan waar Logan verskeie kaartjies ontvang het en dit baie geniet het.”

Sy sê hulle het toe na die Midstream Show gegaan waar Logan op ritte gegaan het, die Springbok-wedstryd gekyk het, en daarna Dodo se show gesien het.

“Hy het lekker gedans en toe Snotkop op die verhoog verskyn, het hy agter die verhoog gegaan om met hom te kuier totdat hy moes opgaan om te dans.”

Michaela sê na die vertoning het Logan trane gestort toe hy vir Snotkop moes groet.

“Maar dit was vir hom ‘n groot belewenis wat hy nooit sal vergeet nie – hy was die hele dag vol glimlagte.”

Dit kom nadat ‘n foto van Logan met sy plakkaat verlede week ’n internet-sensasie geword toe Snotkop op Facebook begin vra of iemand weet wie die seun is.

Dié Krone-konsert het vanjaar by Loftus in Pretoria plaasgevind, en meer as 20 van die land se grootste kunstenaars het op een verhoog verskyn.

Die sanger en rapper van Afrikaanse musiek, Snotkop, het Logan se tuisgemaakte plakkaat in die skare van ’n vertoning opgemerk.

Lees ook: Snotkop spoor jong Pretoria-seun op na Krone plakkaat

Op die plakkaat staan: “Snotkop, kan ek jou hoed of chain kry? Ek is jou grootste fan!!”

Logan se gunsteling-liedjies van Snotkop is Pens en Pootjies en Koos Kombuis. Hy is in Gr. 3 by Laerskool Danie Malan.

Michaela vertel Logan luister al na Snotkop vandat hy ’n baba is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button