News

Geliefde oupa dood, motorfietsklub-president kritiek na skietery

'n Geliefde oupa en voormalige president van die Sam Original Mcc motorfietsklub is Dinsdag in Mountain View doodgeskiet, terwyl die huidige president in 'n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is.

’n Tragiese skietvoorval by ’n werkplek in Mountain View het Dinsdagnamiddag die lewe van ’n geliefde oupa, pa en man, Jannie Venter, geëis. Hy was die voormalige president van die Sam Original Mcc motorfietsklub.

Jannie sou vandag sy verjaarsdag gevier het.

Janneman Vermaak, die huidige president van die klub, is ernstig gewond en in ’n kritieke toestand na ‘n hospitaal gehaas. Vermaak, ’n pa van twee en toegewyde man, veg steeds om sy lewe.

Volgens Xander Loubser, woordvoerder van Best Care Ambulans Dienste, het die skietery net na 14:45 plaasgevind.

“Met ons aankoms het ons noodspan die hartverskeurende verlies van een individu bevestig, terwyl ’n ander in ’n kritieke toestand aangetref is.”

Die verdagte het op die toneel gebly en is deur Brinant Sekuriteit in hegtenis geneem. Die verdagte is glo een van die werkers maar dit kon nie teen druktyd bevestig word nie. 

Loubser het Brinant Sekuriteit se vinnige en professionele optrede geloof.

“Hulle het verseker dat die situasie nie verder eskaleer nie en die veiligheid van almal op die toneel beskerm.”

Best Care Ambulans Dienste het saam met Netcare 911 hard gewerk om Vermaak te stabiliseer.

Hy is daarna per Netcare911-helikopter na ’n gespesialiseerde trauma-eenheid geneem.

“Ons innige meegevoel gaan uit aan die familie en vriende van die oorledene. Ons dra ook ons gebede oor aan Janneman Vermaak en sy geliefdes, met die hoop op ’n volledige en vinnige herstel,” het Loubser gesê.

Sedert die voorval het medelye van regoor die gemeenskap ingestroom. 

Die Sam Original Mcc Motorcycle motorfietsklub het Woensdag hul diep hartseer gedeel met ’n emosionele huldeblyk op hul Facebook-blad:

“Rus sag by Jesus se voete, ou prez Jannie. Jy het diep spore in ons harte getrap en los ons met ’n groot leemte. Maak nie saak hoe lank jy iemand geken het nie, jy het hulle gou deelgemaak van jou familie. As oupa, pappa, lewensmaat, broer en vriend gaan jou plekkie vir ewig leeg wees en ons gaan jou baie mis. Jy sal altyd in ons harte wees.”

* Neem asseblief kennis dat hierdie artikel gewysig is.

Lees ook: Pretoria-Noord in rou oor dood van bekende gr.9-leerling

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button