AdvertorialNews

“Eduplex stap weg met die louere”

Tydens die pas afgelope Afrikaanse Kunsvereniging (AKV) se kunswedstryd, het Eduplex Hoërskool die Daniël Verster Wisseltrofee vir die “Beste prestasie in Ligte Musiek” verower. Hierdie toekenning word jaarliks toegeken aan die skool wat die beste presteer in die kategorie “Ligte Musiek” en die trofee is deur Eduplex in ontvangs geneem tydens 'n glansgeleentheid.

Die Ligte Musiek-afdeling by Eduplex sluit individuele prestasies van ons sangers, dromspelers, kitaarspelers en baskitaarspelers in. Ons Acapella groep en Eduplex Hoërskool Orkes se uitstekende prestasies, het ook bygedra tot die verowering van hierdie afdeling. Ons leerders het voorwaar uitgeblink met geen punte laer as ’n A+ nie en verskeie leerders het uitsluitlik A++’e ontvang. Leerders van Eduplex se Klassieke Musiek-afdeling is ook uitgenooi na die prysuitdeling, met sommige wat ook as trofeewenners aangewys is.

Eduplex Hoërskool bied ’n uitgebreide musiekprogram aan vir talentvolle jong musikante, met Musiek as keusevak vanaf graad agt tot graad twaalf.  Vanaf graad tien tot graad twaalf is Musiek een van Eduplex se IEB-matriekvakke. Daarbenewens beskik hulle ook oor ’n Musiekakademie, waar leerders van verskillende ouderdomme, die geleentheid gebied word  om individuele onderrig te ontvang by hoogs gekwalifiseerde spesialiste in ’n verskeidenheid instrumente.

Die Afrikaanse Kunsvereniging is ’n organisasie wat reeds meer as 100 jaar bestaan en voortdurend daarna streef om musiek, asook ander vorme van kultuur soos visuele kuns en skryfkuns, in ons skole te bevorder. Platforms soos dié van die AKV, is ideaal vir leerders om hul kultuurtalente te ten toon te stel en teen die beste skole deel te neem.

EDUPLEX is ’n parallelmedium, hoofstroomskool, wat aan alle leerders ‘n gesonde balans bied tussen akademie, sport en kultuur, asook die geleentheid om op die hoogste sport teen ander skole mee te ding.

Vir meer inligting, besoek www.eduplex.co.za of skakel ons gerus by tel: (012) 941-2000.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button