Local newsNews

Pretoria-leerders en voorste Gauteng-presteerders wat kop en skouers bo ander uitgestyg het.

Pretoria-skole en leerders het op verskeie gebiede in die onlangse matriekuitslae gewys die hoofstad moet as sentrum van opvoeding mee gereken word.

Gautengse skole het ’n slaagkoers van 88.41% in die matriekeksamen behaal – die beste prestasie sedert 1995 met ’n 3% verbetering bo die 2023-slaagsyfer.

Drie distrikte in Gauteng het in die nasionale top-10 distrikte-kategorie uitgeblink: Tshwane-Wes, Tshwane Noord en Tshwane-Suid.

Pretoria het die drie topskole in die provinsie opgelewer met Hoërskool Waterkloof in die eerste plek, Hoërskool Garsfontein in die tweede plek en Die Hoërskool Menlopark in die derde plek.

Vanjaar het 372 Gautengse skole ’n slaagkoers van bo 95% behaal met 147 skole wat ’n 100% slaagkoers bereik het.

Matome Chiloane, die LUR vir Onderwys, het die aankondiging gemaak op 14 Januarie tydens die aankondiging van die matriekeksamenuitslae van Gautengse skole.

Die leerder met die hoogste punte in Gauteng is Msawenkosi Buthelezi van KwaThema, Ekurhuleni.

’n Totaal van 66 979 kandidate het universiteitsvrystelling gekry met 35 022 leerders wat met ’n diplomavrystelling geslaag het.

Chiloane het Hoërskool Garsfontein en Afrikaanse Hoër Seunsskool geluk gewens met die feit dat al hul leerders vrystelling gekry het om Baccalaureus-grade aan te pak. Hy het verder Hoërskool Garsfontein

Maryke Janse van Rensburg (heel links) het haar dogter Marijke (middel) en Nikky le Roux met hul uitslae by Die
Hoërskool Menlopark gaan gelukwens.

gelukgewens met hul prestasie om die meeste leerders vir Baccalaureus-grade toe te rus. Hoërskool Waterkloof was tweede in die kategorie.

Hy het ook spesiale gelukwense gerig aan die Hlomphanang Secondary School in Tshwane-Wes distrik wat ’n verbeterde slaagkoers toon van meer as 29% (vanaf 63.5% in 2023 na 93.75% in 2024).

Chiloane het daarop gewys dat 136 060 voltydse leerders in Gauteng vir die matriekeindeksamen in 2024 ingeskryf was, ’n verhoging van 2.6% teenoor die aantal kandidate in 2023. ’n Totaal van 33 228 meer het die eksamen geskryf en voltooi. Gauteng verteenwoordig 19% van alle leerders wat die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens voltooi het.

Hy het verskeie presterende skole in Pretoria gelukgewens met Prinshofskool wat nommer 2 in die drie top LSEN-skole is. Dit is skole vir leerders met spesiale leerbehoeftes.

Verskeie topleerders is deur Chiloane aangewys:

– Paballo Sebiloane van Reitumetse Secondary School (Geografie);
– Tshepang Ratshoene van Reitumetse Secondary School (een van vyf met volpunte vir Ekonomie);
– Relebogile Mabua van Setumo-Khiba Secondary School (topleerder Engelse eerste addisionele taal);
– Mosima Mailula van Stanza Bopape Secondary School (Rekeningkunde);
– Tatenda Paurosi van Jafta Mahlangu Secondary School (Fisiese Wetenskappe); en
– Palesa Ralebipi van Mapenane Secondary School (Wiskundige Geletterheid).

Twee Pretoria-leerders, Ntsako Ringane van Ratshepo Secondary School en Jacinto Sithole van Rephafogile Secondary School het die toekennning ontvang vir volpunte in wiskunde.

Twee Tshwane-leerders is aangewys as die toppresteerders vir skole in informele nedersettings. In die derde plek was Mailula van Stanza Bopape Secondary School met Paurosi van Jafta Mahlangu Secondary School in die tweede plek.

Pieter Kriek en Hymne Schutte van Die Hoërskool Menlopark.
Pieter Kriek en Hymne Schutte van Die Hoërskool Menlopark.

Daar was groot opwinding by talle skole in Pretoria toe matriekuitslae al vroeg die oggend by skole afgehaal kon word.

Matrieks by Die Hoërskool Menlopark was in hul noppies met die onderskeidings wat hulle behaal het sowel as om die spanning agter die rug te kry sodat hulle hul toekoms kan aanpak.

Kobus Hartman, skoolhoof van Die Hoërskool Menlopark, sê dis vir hom ’n riem onder die hart dat die 321 matrieks met 767 A’s kon slaag en die klas ’n graadgemiddeld van 72.06% toon.

“As mens nou daaraan dink: hulle het hul hoërskooljare begin toe Covid-19-pandemie en die grendeltyd begin het, is dit voorwaar ’n merkwaardige prestasie,” glo Hartman.

– Kliek hier om die vreugde van matrieks te sien:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button