Geliefde Pretoria man en pa sterf na kankerstryd
Die 39-jarige Mario Maasz, 'n geliefde man en pa van Pretoria het onlangs gesterf na 'n jare lange kankerstryd.
‘n Geliefde man en pa van Pretoria, Mario Maasz (39) het onlangs gesterf na ‘n jare lange kankerstryd.
Volgens sy broer, Stiaan, is Mario dood op Vrydag, Januarie 10, 2025 kort nadat hy oor kerstyd begin siek raak het.
“Ek dink sy ligaam het net opgegee.”
Stiaan sê Mario is sowat agt jaar gelede met kanker gediagnoseer, nadat hulle ‘n gewas in sy buik gekry het.
Dit was ‘n vorm van maagkanker.
“Die eerste dokter het hom 8-12 weke gegee. Na ‘n 2de opinie het ‘n Onkoloog besluit om hom te begin behandel.
“Mario het verskeie soorte chemoterapie ontvang. Daar was tye wat dit gelyk het of hy gewen het, maar dan kom dit net weer terug. Hy het seker 20 operasies gehad in die laaste ses jaar, om gewasse ens te probeer uithaal.”
Stiaan het Mario beskryf as ‘n man met ‘n groot hart wie se wereld om sy vrou, Retha en hulle dogter Lumarie (9) gedraai het.
“Hy was ‘n wonderlike pa en man vir sy vrou en kind, sy hele wese het om hul gedraai.”
Mario en Retha was 12 jaar lank getroud gewees.

“Hy sou mense altyd help, al was hy soms die een wat ondersteuning nodig gehad het. Hy het ‘n paar dae voor sy dood nog ‘n fiets vir ‘n seuntjie gegee wie sin gesteel is.
“Die ouers van die seuntjie het nie die fondse gehad om die gesteelde fiets te vervang nie.”
Volgens Stiaan was Mario ook hardegat.
“Hy was sekerlik een van die eerlikste mense wat ek ken. Hy het met sy emosies op sy mou geloop, en jy het nooit gewonder hoe hy oor iets voel nie….hy het jou gesê!
“Mario was klip hardegat, en het hierdie siekte baklei met als wat hy gehad het. Hy was ‘n all-round good guy.”
Intussen stroom boodskappe van medelye in vir die Mario op sosiale media.
Mario het duidelik diep spore by die gemeenskappe in Pretoria getrap.
Hy was ook betrokke by die internasionale nie-winsgewende organisasie, Round Table Pretoria 19.
Dié organisasie het die volgende oor Mario opFacebook geplaas:
Sy vriende sal hom onthou as man met ‘n suiwer goue hart. Sy vriend Vos Botha het die volgende gesê:
“Vanaand is my hart seer. Ek moes jou groet my vriend, jy was voorwaar n yster mens, jy het my geleer om in myself te glo, (f#@k die mense ons is die mense) jou hart was gemaak van suiwer goud.
“Jy het my geleer om n fighter te wees. Nog nooit het ek eimand ontmoet met die veg gees wat jy het nie.
“Jou liefde vir jou mense was ongelooflik. Dit is nou jou kans om te gaan rus, sonder pyn.
“Dankie vir wat jy vir my beteken het in my lewe. Mense reg oor die wereld het jou lief gehad, dit kan gesien word in al die boodskappe wat in stroom.
“Rus sag my vriend. Jou plek hier sal nooit gevul kan word nie.”


Mario gaan Vrydag op Januarie 17, 2025 om 15:00 ter ruste gelê word vanuit die NG Kerk Wierda Park.
Mario het die volgende plasing verlede jaar op Facebook gemaak:
“In my jare op hierdie aarde, het ek geleer dat wanneer ons na ons Hemelse huis toe geroep word, ons sal gaan, ongeag die stryd. Niemand kan dit keer nie. Ons het een lewe om te leef. Die materiële dinge waarin ons belê, bly agter. Herinneringe is vir my belangrik…
Lees ook: Van Rooyen/Haarhoff-raaisels steeds onder soeklig
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
