R8 000 beloning vir vermiste hondjie Snoekie
Die eienaar van 'n agtjarige hondjie bied 'n beloning van R8000 aan om haar geliefde hondekind, Snoekie, huis toe te bring.

‘n Beloning van R8 000 word aangebied om ‘n geliefde hondekind, Snoekie, huis toe te bring.
Snoekie se eienaar, Marilette Strydom, val Silverton sê Snoekie het op 31ste Desember 2024 vermis geraak moontlik as gevolg van die klappers.
“Snoekie het die aand van die 31ste Desember uitgekom. Ons is nie seker hoe nie, dink sy het geskrik vir die klappers en deur die pallesade en muur gekom.
“Mense wat straat af bly, het haar blykbaar verby sien hardloop, maar haar gelos. Sy het by die Total garage in Petroleum straat aangekom, waar die petrol joggie haar gehou het.”
Strydom sê die ander joggies het vir hom gesê hulle mag nie diere daar aanhou nie en haar toe laat gaan.

“Vandaar af het sy oor Watloo road gehardloop, in Fiskaal straat in Voeltjiedorp in. Volgens die petrol joggies is sy by die tweede of derde huis in, maar die mense daar sê hulle het haar nie gesien nie.”
Strydom se hart is gebreek oor die verdwyining van haar geliefde Snoekie.
“Ons het vir Snoekie al vir 8 jaar, ons het haar in Rustenburg gekry. Van babatjie tyd af, was sy ons dogtertjie, ons klein fluffy prinsessie, sy tree soos enetjie op ook.
“Sy was lekker bederf, want sy was soos n kind in ons huis. Snoekie is my man se hart se punt.
“Hyt altyd gesê as iets met haar moet gebeur, weet hy nie wat hy sal doen nie. Ons harte is rerig baie seer. Dis n gedeelte van ons wat weg is. Sy is baie lief vir mense en n baie liefde volle klein lyfie.”
Die agtjarige toypom is mal oor haar hoender worsies en bederfies.
“Hier waar ek sit vanaand, rol die trane. Die vrae in my kop…..lewe Snoekie nog, is sy darem by mense wat mooi na haar kyk…..waar is sy?
“My hart is in stukke, die trane hou nie op loop nie. Dit is al 2 weke, haar plekkie is leeg, ons mis haar klein lyfie, haar pieperige blaffie, maar ons sal aanhou soek. Asb help my om my meisiekind te kry.”
Lees ook: Geliefde Pretoria man en pa sterf na kankerstryd
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.