News

R8 000 beloning vir vermiste hondjie Snoekie

Die eienaar van 'n agtjarige hondjie bied 'n beloning van R8000 aan om haar geliefde hondekind, Snoekie, huis toe te bring.

‘n Beloning van R8 000 word aangebied om ‘n geliefde hondekind, Snoekie, huis toe te bring.

Snoekie se eienaar, Marilette Strydom, val Silverton sê Snoekie het op 31ste Desember 2024 vermis geraak moontlik as gevolg van die klappers.

“Snoekie het die aand van die 31ste Desember uitgekom. Ons is nie seker hoe nie, dink sy het geskrik vir die klappers en deur die pallesade en muur gekom.

“Mense wat straat af bly, het haar blykbaar verby sien hardloop, maar haar gelos. Sy het by die Total garage in Petroleum straat aangekom, waar die petrol joggie haar gehou het.”

Strydom sê die ander joggies het vir hom gesê hulle mag nie diere daar aanhou nie en haar toe laat gaan.

R8 000 beloning vir vermiste hondjie Snoekie
R8 000 beloning vir vermiste hondjie Snoekie . Foto: Verskaf

“Vandaar af het sy oor Watloo road gehardloop, in Fiskaal straat in Voeltjiedorp in. Volgens die petrol joggies is sy by die tweede of derde huis in, maar die mense daar sê hulle het haar nie gesien nie.”

Strydom se hart is gebreek oor die verdwyining van haar geliefde Snoekie.

“Ons het vir Snoekie al vir 8 jaar, ons het haar in Rustenburg gekry. Van babatjie tyd af, was sy ons dogtertjie, ons klein fluffy prinsessie, sy tree soos enetjie op ook.

“Sy was lekker bederf, want sy was soos n kind in ons huis. Snoekie is my man se hart se punt.

“Hyt altyd gesê as iets met haar moet gebeur, weet hy nie wat hy sal doen nie. Ons harte is rerig baie seer. Dis n gedeelte van ons wat weg is. Sy is baie lief vir mense en n baie liefde volle klein lyfie.”

Die agtjarige toypom is mal oor haar hoender worsies en bederfies.

“Hier waar ek sit vanaand, rol die trane. Die vrae in my kop…..lewe Snoekie nog, is sy darem by mense wat mooi na haar kyk…..waar is sy?

“My hart is in stukke, die trane hou nie op loop nie. Dit is al 2 weke, haar plekkie is leeg, ons mis haar klein lyfie, haar pieperige blaffie, maar ons sal aanhou soek. Asb help my om my meisiekind te kry.”

Lees ook: Geliefde Pretoria man en pa sterf na kankerstryd

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button