News

Pretoria pa en dogter sterk steeds aan na botsing eers seun, toe ma eis

'n Pretoria pa en jong dogter sterk steeds aan in hospitaal na klein Karlu (8) van Aswegen en sy ma Karin na die ongeluk oorlede is.

‘n Pretoria pa, Jurie van Aswegen en sy jong dogter, Junique (10) sterk steeds aan in hospitaal na klein Karlu (8) van Aswegen opslag in die ongeluk oorlede is en ma, Karin Dinsdagoggend oorlede is.

Volgens ‘n familie woordvoerder het dié ongeluk omstreeks 16:30 op die Molotopad plaasgevind to die bestuurder van ‘n noodvoertuig vermoedelik beheer daaroor verloor het en reg van voor teen die Van Aswegens se voertuig gebots het.

Die bestuurder van die noodvoertuig is glo ook op die toneel dood verklaar.

Die gesin was onderweg na hulle huis in die Dinokeng area toe die ongeluk plaas gevind het.

Karlu is op die toneel verklaar terwyl daar met Karin, Jurie en Junique na hospitale toe gejaag is.

Karin is Dinsdagaand in die hospitaal oorlede. Jurie en Junique is tans nog albei in die hospitaal.

Klein Karu was ‘n baie geliefde klein stil seuntjie wat gou harte gesteel het. Hy was baie lief vir rugby.

“Karin was een van die vriendelikste mense wat jy ooit in jou lewe sou ontmoet, altyd geglimlag, ʼn omgee-mens, besorg oor ander, hulpvaardig. Sy het die beste in mense raakgesien. Haar betrokkenheid by skole van die omgewing het haar baie geliefd gemaak onder kinders en personeel,” het Ds. Thinus van Staden van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Montana gesê.

Hy het bygevoeg dat Karin se sagte teenwoordigheid en hulpvaardigheid by die kerk geweldig gemis word.

Intussen het huldeblyke en boodskappe van medelye ingestroom.

Lees ook: Graad 3-leerling en sy ma sterf tragies na Pretoria motorongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button