News

Oos-Moot blink uit in PUK-reeks Skaakkompetisie

Hoërskool Oos-Moot het onlangs groot indruk gemaak tydens die PUK-reeks, die Universiteit van Noordwes se jaarlikse interskole sportkompetisie, deur 'n indrukwekkende tweede plek in die skaakafdeling los te slaan.

Hoërskool Oos-Moot het onlangs groot indruk gemaak tydens die PUK-reeks, die Universiteit van Noord-Wes se jaarlikse interskole sportkompetisie, deur ’n tweede plek in die skaakafdeling los te slaan.

Hierdie prestasie is behaal teen ’n sterk veld van tien deelnemende skole.

Elke skool het met hul toptien spelers deelgeneem. Oos-Moot se span het bestaan uit die volgende leerlinge: Eduan Wolfaardt (gr. 11), Bonicia du Toit (gr. 12), Henri Coetzee (gr. 12), Tiaan Stolp (gr. 11), Steven Acker (gr. 11), Nathen van Deventer (gr. 11), Ryan Berry (gr. 10), Larochelle Haus (gr. 11), Charné Raubenheimer (gr. 9) en Johannes Le Roux (gr. 9).

Volgens die hoofafrigter en eienaar van Yes4Chess Skaakafrigting, Christiaan Linde, het toegewyde voorbereiding en harde werk die span se sukses verseker.

“Die spanafrigters van Yes4Chess waaronder ekself, Ushindi Malaba, Azile Jack, Christiaan Coetzee, Boipelo Mkotong en Wynand Pretorius, het seker gemaak die spelers is deeglik voorbereid. Ons het intensief aan openinge gewerk, konsentrasietegnieke ingeoefen en spelers gereed gekry vir rondes wat tot twee ure lank kan duur,” sê Linde.

Die span het ook twee individuele bordwenners opgelewer: Bonicia du Toit en Ryan Berry.

Oos-Moot het in die tweede plek geëindig, net agter Hoërskool Eldoraigne wat die eerste plek ingeneem het. Hoërskool Waterkloof het die derde plek behaal, gevolg deur Hoërskool Menlopark in die vierde plek.

“Die moeilikste deel van die kompetisie was om konstant gefokus te bly gedurende die lang dae van intense spel. Dit het baie geduld en geestelike uithouvermoë geverg,” sê Linde.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button