News

Inwoners van tuiste straal van blydskap met Paasfees-bederf

Bestuur van die Elderly Dementia Education Network (Eden) het dit goedgedink om hul inwoners te bederf met 'n lekker toebroodjie en sappie ter viering van Paasfees.

Die Elderly Dementia Education Network (Eden) in Villieria het inwoners op Vrydag 11 April met die heerlikste gevulde broodjies en sap bederf.

Dié bederf was spesiaal vir die Paastyd.

Desireé Lawrence, bestuurder van Eden, sê hierdie is een van die jaarlikse bederfies vanaf bestuur aan hul inwoners. Ander bederfies deur die jaar sluit in Kersfees, Moedersdag, Vadersdag en Valentynsdag.

“Van die inwoners se families bly te ver om hulle gereeld te sien en ander inwoners is weer bedlêend. En sulke bederfies word waarlik opreg waardeer,” sê Lawrence.

“Die blydskap en waardering op die gesiggies is genoegsame beloning en maak alle opoffering die moeite werd.”

Die inwoners was in ekstase met hierdie heerlike bederf. Sommiges in die Versorgingseenheid het ook na ’n Paas-program in die saal gaan luister.

Na afloop van die program is die bederfies deur Lawrence en Suster Lina Maphake aan elke inwoner persoonlik in hulle kamers en sale uitgedeel.

Die broodjies se vulsels was van kaas en tamatie, hoender mayo, tuna mayo, kaas mayo, en koue vleis en tamatie. En die koeldranke was van verskillende geure.

Kobus Odendaal van Valhalla Apteek het die eetgoed geborg. Hy is die broer van ’n inwoner.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button