News

Geliefde jong Pretoria man sterf in gru motorfiets ongeluk

'n Geliefde jong man van Pretoria, Juan Jacques Swanepoel, het die afgelope naweek in 'n gru- ongeluk in Mayville gesterf.

‘n Jong man van Pretoria is die afgelope naweek dood in ‘n gru motorfietsongeluk in Mayville.

Die 29-jarige Juan Jacques Swanepoel was bekend onder sy familie en vriende as JJ.

Volgens sy stiefma, Ursula Els, het die ongeluk Saterdag op die hoek van Fred Nicholson en Rhys strate plaasgevind.

JJ was op sy motorfiets op pad na Els toe hy in ‘n trompop botsing met n voertuig betrokke is.

Na die ongeluk het ‘n vrou met haar voertuig bo-oor Juan gery voor sy tot stilstand gekom het. Nooddienste moes dié voertuig van hom aftel.

Geliefde jong Pretoria man sterf in gru motorfiets ongeluk
Die toneel. Foto: Verskaf

Els is kort na die ongeluk na die toneel.

“Dit was verskriklik, hy het baie seergekry in die ongeluk. Juan was vermink.”

Sy beskryf dat hy onder andere sy nek, rug, altwee sy bene, arms en regtervoet in die ongeluk gebreek het.

“Sy gesig was onherkenbaar nadat hulle sy helmet verwyder het.”

Juan is beskryf as ‘n stil en rustige mens wat almal altyd wou help.

“Hy was ‘n skamerige outjie, veral as dit by meisies kom. Toe hy jonger was, was sy rekenaar als en nou was dit sy motorfiets wat hy vir homself gekoop het.

“Juan en sy vriende het saam motorfietse gery oor naweke.”

 

Geliefde jong Pretoria man sterf in gru motorfiets ongeluk
Juan was baie trots op sy motorfiets. Foto: Facebook

Els sê Juan se biologiese ma is vroeër die jaar oorlede en sy pa verlede jaar.

Juan se begrafnis sal op 2 Julie plaasvind vanuit die Lewendewoord Westerlig Kerk in Niemand Straat, Andeon.

Geliefde jong Pretoria man sterf in gru motorfiets ongeluk
Die 29-jarige Juan Jacques Swanepoel was bekend onder sy familie en vriende as JJ. Foto: Verskaf

Hy laat verder sy stiefsuster Waunita agter.

“Juan het by ons ingetrek toe hy ‘n seuntjie van nege was en Waunita het altyd gesê hulle twee is ‘n tweeling want hulle was dieselfde ouderdom.

“Hulle was baie lief vir mekaar.”

Read the English version here.

Lees ook: Rietondale-park word verfraai met muurkuns

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button