Fietsryer beywer homself om van Eersterust tot Noord-Kaap te ry
Renee Kruger (47) deel dat hy op ’n 900km lange fietstoer hoop by gemeenskappe wil inspireer en ophef.
’n Fietsryer van Eersterust gaan sy stokperdjie as tour de force/kragstuk gebruik ten goede van sy gemeenskap wanneer hy van Eersterust tot in die Noord-Kaap fietsry.
Renee Kruger (47) het op 11 Julie ’n 900km lange fietsrit begin.
Kruger sê hy wil met hierdie fietsrit gemeenskappe langs die pad inspireer.
Hy het drie jaar gelede begin fietsry, vertel hy.
“Ek het musiekterapie by ’n skool vir kinders en mense met gestremdhede gedoen. Toe ek hulle ontmoet, kon ek sien hulle wil graag op my fiets ry, maar ongelukkig kan sommige nie hul hande of bene gebruik nie.”
Hy sê dit het hom gemotiveer om te ry vir hulle ontwil. “Deur op my fiets deur die gemeenskap rond te ry, kon ek die lewensprobleme wat mense elke dag in die gesig staar, verstaan.”
Kruger sê dat die ervaring het hom genoop om aan te hou fietsry en ’n boodskap van hoop aan andere te bring.
“Fietsry simboliseer volharding, om deur die ongemak te druk en uiteindelik jou bestemming te bereik.
“Wanneer ek fietsry, hoop ek dit is die boodskap wat oorgedra word aan die mense wat ek daar buite gaan teëkom.”
Kruger deel dat hy die behoefte gehad het om ’n stigting te skep wat die positiewe dinge wat in gemeenskappe regoor die land gebeur, te ondersteun.
Hy glo dat die mense wat hy ontmoet hom wys hoeveel verskillende situasies mense hulself in bevind.
Dit het ’n roeping geword en het gelei tot die stigting van die Colourful Gifts Foundation.
Hy benadruk, “God het my die krag gegee om vir gestremde mense fiets te ry, en ek het baie ander geleenthede gevind om ’n verskil in ander mense se lewens te maak.
“Dit is belangrik om gemeenskappe te bemagtig en op te hef, veral jongmense. Daar is soveel mense met hope talent, maar wat die nodige ondersteuningstrukture kort.”
Die stigting fokus daarop om die stories in die gemeenskap uit te lig en mense te herinner dat hoop en transformasie altyd moontlik is.
Volgens Kruger, is dit nie altyd maklik om mense te inspireer nie, maar is die beloning op die ou einde veel meer werd as die probleme.
Hy sê hy hoop om by elke stop met plaaslike inwoners in gesprek te tree en boodskappe van hoop, veerkragtigheid en positiewe aksie te deel.
Hy voeg by dat sy opregte inisiatief is meer as net ’n persoonlike uitdaging. “Dit is ’n missie-gedrewe veldtog wat daarop gemik is om die jeug en gemeenskappe langs die pad op te hef.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
