Local newsNews

Ongewilde titel gee Pretoria-man en vriende ’n week se lag

Ná ’n week van lag op sosiale media, sê John Oosthuizen en sy vriende die geheimsinnige titel het vir hulle meer plesier as kwaad gebring.

Wat begin het as ’n skok toe hy sy buitemuur  verlede Vrydagoggend vol vreemde woorde vind, het vir John Oosthuizen van Pretoria en sy vriende uiteindelik in ’n week van lag en geselskap ontaard.

Die insident waar iemand in die nag die woorde “Grootste P*%S op die blok” groot teen sy muur geskryf het, het vinnig op sosiale media en in buurt-WhatsApp-groepe versprei.

Buurtbewoners het gespot, gegis en selfs speurder gespeel om die skuldige te probeer uitwys.

Oosthuizen het aanvanklik die boodskap met erns benader en selfs gesê hy gaan sy sekuriteitskameras nasien om die persoon uit te vang. Maar ’n week later lag hy saam met sy vriende oor die hele voorval.

“Ons het eintlik lekker gekuier en gekoggel hieroor,” het Oosthuizen vertel. “Ek dink die persoon wat dit geskryf het wou skade doen, maar eintlik het hy ons net ’n goeie storie en hope lag gegee.”

Hy sê sy muur is weer skoon geverf en die lewe gaan aan — maar die bynaam sal waarskynlik nog lank as ’n grappige herinnering in die buurt bly voortleef.

Lees ook: Pretoria-man kry titel wat niemand wil hê nie

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button