Pretoria-man kry titel wat niemand wil hê nie
’n Pretoria-man het Vrydagoggend ’n titel gekry wat niemand wil hê nie — en nou’s hy ’n sensasie op sosiale media.
‘n Pretoria-man se oggendkoffie het Vrydag koud geword toe hy sien wat op sy heining in Annlin geskryf is. Binne minute was die bure se WhatsApp-groepe aan die gons — en almal het hulself skielik as speurders aangestel.
John Oosthuizen kon sy oë nie glo toe sy seun hom bel en sê hy moet dringend buite gaan kyk nie. Deur die nag is die woorde “Grootste P%S op die blok”* groot en duidelik teen sy muur gespuit.
“Ek weet nie van iemand wat kwaad is vir my nie,” het Oosthuizen gesê.
In ’n stemboodskap het hy vroegoggend gewaarsku dat daar kameras by sy huis is en dat hy dié dag deur die beeldmateriaal sou gaan om te probeer uitvind wie die “titel” vir hom gegee het.
“Hier is kameras hier en ek gaan kyk wie dit is en ek is jammer vir julle want julle gaan ‘n pakslae kry.
“As jy so iets wil sê wees ‘n man en kom sê dit vir my, klop aan my deur en sê dit in my gesig.
“Moenie my heining beskadig nie.”
Teen laatoggend het Oosthuizen reeds die muurskryfsel toegeverf — maar dit was te laat. ’n Foto van die muur was al lankal op sosiale media, waar dit vinnig Pretoria se grap van die dag geword het.
Lees ook: “Hulle het my kind vir dood gelos” – Ma ná grusame huisaanval
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
