Local newsNews

Gaan die Wegraping regtig môre plaasvind?

Die vraag op almal se lippe: Gaan die Wegraping regtig môre plaasvind? Botha se voorspelling het 'n debat oor die einde van die tyd ontketen.

Sal miljoene mense môre uit die bloute verdwyn? Dit is presies wat Danie Botha voorspel het. Die gewilde sanger, nou prediker sê die Wegraping begin op 23–24 September – en of jy glo of nie, die datum is nou hier.

Die Wegraping word deur sommige Christelike tradisies verstaan as ’n skielike oomblik waarin gelowiges – dood en lewend – saam opgeraap word om Christus in die lug te ontmoet, soos beskryf in 1 Tessalonisense 4:16–17.

Botha se die heilige gees het vir hom die boodskap gegee en hy het daaroor gepreek.

Read the English version here. 

In videos op YouTube beskryf Botha die wegraping soos ‘n lughawe vir die laaste vertrekpunt.

“So ons vertrekpunt na die volgende punt is, ons is op daai laaste dae,jy kan nie ander plek gaan wat meer finaal is nie. En jy sal my nie glo nie, ek stap by my huis in na die diens die oggend en ek sit oudergewoonte die televisie aan om YouTube te kyk. Toe ek die televisie aansit toe verskyn in groot goue letters op die televisie voor my: Flight 923…. you must be ready to depart.”

Dit verskil van die Wederkoms, of Einde van die Wêreld, waar Christus sigbaar na die aarde terugkeer om boosheid finaal te oordeel en die skepping te vernuwe.

Terwyl baie predikers glo dat niemand die presiese dag of uur kan ken nie, hou Botha vol dat sy datum ’n profesie is wat gelowiges ernstig moet oorweeg.

Kyk video: 

Geskiedenis wys egter dat soortgelyke voorspellings al talle kere gemaak is – van die “Groot Teleurstelling” in 1844 tot Harold Camping se mislukte oordeelsdag-datums in 2011.

Elke keer het die wêreld eenvoudig aangegaan, terwyl volgelinge teleurgesteld of selfs geloofsgewond agtergebly het.

Die plaaslike leier van ’n eindtyd-profesiegroep, Johannes Coetzee, het i2011 saam met sowat 80 van sy volgelinge in ’n Johannesburgse hotel oor die naweek ingetrek om te wag vir die einde van die wêreld op Saterdag, soos voorspel deur die Amerikaanse evangelis Harold Camping.

Niks het gebeur nie. “Daar was vrede in ons harte. Maar toe niks gebeur nie, het vrees begin inkom en ons het bang geword,” het Coetzee gesê. Hy het erken dat hulle verkeerd was oor twee dinge: die aardbewings en die voorspellings dat Christene sou opvaar na die hemel.

In plaas daarvan dat die wêreld tot ’n einde gekom het, het Coetzee agtergebly met ’n reuse hotelrekening.

Nietemin het hy volgehou dat Saterdag steeds die begin van die einde van die wêreld was en dat die wêreld beslis op 21 Oktober sou eindig. Hierdie keer, het hy gesê, sou dit deur swael en vuur vernietig word. Maar ook op 21 Oktober 2011 het niks gebeur nie.

Lees ook: Staptog word aangepak om lewens teen hondsdolheid te red

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button