Geliefde weeraanbieder sterf
Die geliefde weeraanbieder van Ontbytsake, die 33-jarige Anika de Beer, het vanoggend haar vyfjaarlange stryd met kanker verloor.
Die geliefde weeraanbieder van Ontbytsake, die 33-jarige Anika de Beer, het Sondagoggend haar vyfjaarlange stryd met kanker verloor.
Fase 3-melanoomkanker is in 2021 by De Beer gediagnoseer toe sy slegs 29 jaar oud was.
Volgens berigte het Anika in Julie vanjaar nog goed herstel ná ʼn breinoperasie, maar volgens die Ontbytsake-span het die kanker teruggekeer en verder versprei.
Mediese ondersoeke het glo vroeër vandeesweek boonop bevestig dat daar ʼn bloeiende kankergewas ontwikkel het, wat tot ’n ernstige gesondheidsterugslag gelei het.
In ’n plasing Sondag op haar man, Abri, se Facebookblad groet haar naastes haar emosie- en deernisvol.
“Sy het haar aardse wedloop op 26 Oktober oorwinnend voltooi en is sy in die hemelse Vaderhuis opgeneem.
In haar beproewing was sy moedig en standvastig in haar geloof. Haar laaste paar dae en oomblikke was sy by die huis omring deur haar geliefdes en met haar dierbare honde aan haar sy.
Anika het in Pretoria en Potchefstroom as een van vier kinders grootgeword. In 2017 het sy die uitsaaiwese betree toe sy ’n pos in Kaapstad as weervoorspeller by eNCA aanvaar het.
Die besonderhede van Anika se begrafnis sal later bekend gemaak word.
Lees ook: Laerskool Die Poort se gees word beloon
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.
