Local newsNews

Graad 1-leerder Milan Pretorius sterf aan meningitis

'n Graad 1-seun, Milan Pretorius, is aan brienvliesonsteking (meningitis) oorlede – ’n verlies wat die skoolgemeenskap diep geraak het.

’n Graad 1-leerder van Laerskool Die Poort, Milan Pretorius, is onlangs aan meningitis oorlede. Die skool het die afsterwe in ’n huldeblykboodskap bevestig en sê die nuus het die skoolgemeenskap diep geruk.

Die skool het die volgende plasing op hulle Facebook-blad gedeel:

“Dit is met diepe leedwese dat ons kennis geneem het van die onverwagse afsterwe van klein Milan Pretorius, ’n Graad 1-leerder van Laerskool Die Poort.

“Ons Poortjie-harte is seer, en ons innige meegevoel, gedagtes en gebede is by die Pretorius-gesin en almal wat vir Milan lief was. Mag God se genade en liefde julle dra en vertroos deur hierdie ondenkbare moeilike tyd.

“Rus in vrede, klein Milan. Jy laat pragtige herinneringe en diep spore in die harte van die Poortjies agter.

“Ons skoolgemeenskap dink met groot deernis en hartseer aan almal wat oor Milan rou.”

Graad 1-leerder Milan Pretorius sterf aan meningitis
Milan Pretorius Foto: Facebook

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) is breinvliesontsteking (meningitis) ’n ontsteking van die beskermende vliese (meninges) om die brein en rugmurg.

Dit kan deur virusse of bakterieë (en soms ander oorsake) veroorsaak word. Bakteriële meningitis is gewoonlik die gevaarlikste omdat dit baie vinnig kan vererger en dringend behandeling verg.

Simptome sluit die volgende in:

  • Hoë koors
  • Erge hoofpyn
  • Stywe nek
  • Naarheid / braking
  • Liggevoeligheid (oë pyn in helder lig)
  • Verwardheid, slaperigheid of sukkel om wakker te bly
  • Stuiptrekkings (in sommige gevalle)
  • Uitslag (soms, veral by meningokokkale meningitis).

Lees ook: Boodskap inspireer Moot-leerders

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button