Geliefde juffrou word Donderdag ter ruste gelê
Familie en vriende neem Donderdag afskeid van die geliefde Pauline de Wet, met huldeblyke wat steeds instroom.
Familie en vriende sal Donderdag afskeid neem van die geliefde Pauline de Wet, ’n onderwyser by Hoërskool Montana, ná haar skielike afsterwe ná ’n kort siekebed.
Huldeblyke stroom steeds in op sosiale media, waar sy onthou word as iemand met ’n groot omgee-hart wat ’n blywende verskil in mense se lewens gemaak het.
Pauline is verlede week Dinsdag oorlede op haar verjaarsdag. Sy het glo septisisme opgedoen na ‘n blindederm operasie.
Volgens ‘n betroubare bron het sy Lupus gehad.
Die nuus van haar skielike afsterwe is op die skool se Facebook-blad gedeel met die volgende boodskap:
“Die Monties se harte is oorweldig met die verlies van ons geliefde juffrou Pauline de Wet – Departementshoof Engels.
“Sy was ’n besonderse mens en opvoeder — iemand wat presies geweet het hoe om mense te hanteer: streng wanneer nodig, maar altyd met liefde, wysheid en opregte omgee. Sy was diep
gerespekteer en baie geliefd onder kollegas én leerders, en haar invloed sal nog lank in ons gange en klaskamers weerklink.”
Die begrafnis van juffrou Pauline de Wet sal plaasvind op Donderdag, Februarie 5, 2026 om 11:00 vanuit Doxa Deo Moot kerk.
Leerlinge het verlede week Pauline geeër deur papiertjies met haar woorde: “Make wise choices” op hulle baadjies te dra.
“Vandag dra ons leerders hierdie woorde naby hul harte – as herinnering en eer aan ’n onderwyser wat nie net kennis oorgedra het nie, maar lewens geraak het. Sy het dalk nie altyd besef hoe diep haar invloed strek nie, maar sy los ’n nalatenskap van wysheid, omgee en inspirasie.”
Lees ook: Geliefde juffrou van Hoërskool Montana sterf
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel
