News

Handhawingspan gaan op onwettige reklameborde toeslaan

’n Nuwe span sal onwettige plakkate en reklameborde regoor die stad verwyder, deur die Buitelug Reklame Verordening af te dwing.

Die Tshwane metro het ’n nuwe handhawingsinisiatief geloods wat daarop gemik is om onwettige buitelug advertensies te verwyder en die netheid en veiligheid van openbare ruimtes regoor die metro te verbeter.

Die Tshwane-burgemeester, dr. Nasiphi Moya, en die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, het die Buitelug Reklame Voldoening Ambassadeurspan op 10 April bekendgestel.

Dié span sal fokus om die stad se Buitelug Reklame Verordening af te dwing deur onwettige plakkate, baniere en advertensiesleepwaens wat langs heinings, op straatligpale, verkeersligte en ander openbare ruimtes staan of aangebring is, te verwyder.

Moya het gesê dat twee bykomende voertuie, wat al vir jare in onbruik geraak het, nou aan die Geboue Omgewing en Handhawings-afdeling toegeken is om nakomings-operasies te versterk.

“Die Buitelug Reklame Voldoening Ambassadeurs sal saam met die metro polisie werk om onwettige reklame regoor die metro aan te spreek, deur onwettige plakkate en ander reklameborde te verwyder, en waar nodig, om op nie-goedgekeurde reklame-voertuie en sleepwaens beslag te lê,” het sy gesê.

Die Buitelug Reklame Voldoening Ambassadeurspan. Foto: Verskaf

Sy het bygevoeg dat die stad ook inkomste sal genereer deur operateurs, wat hulself skuldig maak aan onwettige reklame-aktiwiteite, te beboet.

“Die belangrikste is dat ons reageer op inwoners en gemeenskappe wat al jare lank kommer uitspreek oor die onwettige advertensies,” het sy gesê.

Volgens Moya bly onwettige borde ’n gereelde klagte onder inwoners omdat dit die residensiële, kommersiële en binnestad se gebiede negatief beïnvloed.

Sy het gesê ongereguleerde reklameborde kan ook veiligheidsrisiko’s skep, veral wanneer die borde sigbaarheid belemmer of motoriste se aandag aftrek.

Mabotsa het weer gesê dat onwettige plakkate en reklameborde ook bydra tot afvalbestuur-uitdagings en stedelike agteruitgang.

“Die borde en plakkate bied ’n uitdaging vir netheid en afvalbestuur, dus is die verhaling van kostes en boetes wat teen onwettige operateurs opgelê belangrik om ’n veilige, skoner en funksionele stad vir al ons inwoners te verseker,” het Mabotsa gesê.

Sy het eienaars van eiendomme wat onwettige reklameborde op hul terreine toelaat, gewaarsku dat afdwingings-aksies sal volg.

“Eiendoms-eienaars wat self borde oprig of toelaat dat borde sonder die toestemming van die Tshwane metro opgerig word, word gewaarsku dat dit verwyder sal word of dat die eienaars ’n kennisgewing van oortreding sal ontvang. Hulle kan ook nie-toegelate grondgebruikerskoerse opgelê word, wat drie keer die normale koersbedrag is,” het sy gesê.

Mabotsa het bygevoeg dat om die afdwinging van verorderings te versterk, sal dit die stadsverjonging en ekonomiese herlewing ondersteun.

“Want inwoners en beleggers hou van ’n skoon, goed-bestuurde metro.”

Die metro het gesê dat adverteerders wat aan regulasies voldoen, van ’n gestruktureerde sisteem, met buitelugreklameskostes wat in die 2025/26-tariefstruktuur uiteengesit is, sal baatvind. Eiendomsagente, byvoorbeeld, word vereis om ’n registrasiefooi van R1 350 per jaar te betaal, wat hulle toelaat om reklameborde vanaf 12:00 Vrydaemiddae tot Maandaemiddae te vertoon.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Pamela Vuba

Pamela is a junior journalist at Rekord who focuses on community news in Pretoria, particularly in the eastern parts of the capital city. Pamela writes for the Pretoria East Rekord as well as Rekord’s online platforms.
Back to top button