Rug teen Rug ope gholfdag ‘n sukses
“Rug teen Rug”, ’n inisiatief deur Ontbytsake, bekendgestel en dié nuwe platform beloof om die pad gelyk te maak vir kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf wat nié die ondersteuning van ’n platemaatskappy het nié.
Die Ontbytsake Ope Gholfdag is verlede Vrydag, 18 November, by die Silver Lakes Golf and Wildlife Estate gehou en verskeie lede van Ontbytsake het bygewoon.
Tydens die geleentheid, is “Rug teen Rug”, ’n inisiatief deur Ontbytsake, bekendgestel en dié nuwe platform beloof om die pad gelyk te maak vir kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf wat nié die ondersteuning van ’n platemaatskappy het nié.

Foto: Ron Sibiya

Foto: Ron Sibiya

Foto: Ron Sibiya
“Rug teen Rug” is Louis Mclaren, uitvoerende vervaardiger van Ontbytsake en hoof uitvoerende Beampte van The B4i Project, se breinkind.
Volgens Mclaren het dit hom hard getref toe hy bewus word van al die uitdagings wat onafhanklike kunstenaars in die gesig staar.
“Ons land sit met ongelooflike baie talent, maar as gevolg van administratiewe hindernisse en ’n terkort aan ondersteuning, kry kunstenaars nie die geleentheid om hulle musiek na die mense te neem nie,” sê Mclaren.
Mclaren het onlangs Ontbytsake oorgeneem en het vanuit die staanspoor reeds weggespring met ’n kompetisie vir liedjieskrywers.

Foto: Ron Sibiya

Foto: Ron Sibiya

Foto: Ron Sibiya
“Muller Brandt en Jemma Catherine is twee onafhanklike kunstenaars wie toe gekies is om die wenliedjies op te neem,” verduidelik hy.
Mclaren se visie is om ’n poel van spesialiste – vervaardigers, liedjieskrywers, kunsenaars en meer – bymekaar te kry wat mekaar kan ondersteun.
Dié inisiatief is amptelik by die gholfdag bekendgestel.
“Ons het met die gholfdag juis besluit om die sakewêreld en die vermaaklikheidswêreld by dié dag te laat hande neem,” sê hy.
Mclaren is veral in besigheidskringe bekend daarvoor dat hy besighede wil ondersteun en dit is dan ook dieselfde doel met die gholfdag.

Foto: Ron Sibiya

Foto: Ron Sibiya

Foto: Ron Sibiya

Foto: Ron Sibiya
“Spelers van verskillende besighede – vanuit die Ontbytsake-gemeenskap – het Vrydag met mekaar skouers geskuur. Hulle sou dalk nooit bymekaar uitgekom nie, maar dit kon nou gebeur weens die breë mark met wie ons weekliks gesels,” sê hy.
Ontbytsake se aanbieders Dawie Roodt, Elouise Cupido, Leon Gropp en Corli Botha was ook in aksie.
“Die bekendstelling van die Rug teen Rug platform vir onafhanklike kunstenaars gaan ’n groot impak maak op die toekomstige sukses van baie meer onafhanklike kunstenaars.”
Die platform skop ook af met deelname aan die Musiek Indaba aan die einde van maand op uitnodiging van Karen Meiring.

Foto: Ron Sibiya


Foto: Ron Sibiya

Foto: Ron Sibiya
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.