Local news

Die Moot-projek knap omgewing op vir Kersfees en die nuwe jaar

Die organiseerders van die Moot-projek is baie tevrede met hoe die dag verloop het, maar wil ook die vrywilligers herinner dat hulle hard sal moet werk om hulle omgewing in stand te hou.

Besorgde Moot-inwoners het op 26 November hande gevat om hulle strate skoon te maak vir Kersfees en die nuwe jaar.

Die Moot Projek het ’n span van 80 tot 90 vrywilligers bymekaar gebring om die geleentheid ’n sukses te maak.

Die lede het gefokus op die treinbrug tussen Pierneef- en Nico Smithstrate, en die resultate was vanselfsprekend.

Inwoners in die area voel al lank die area is vuil en vervalle en dit was nodig om in te spring en ’n verskil te maak.

Baie voel ook onveilig in die area en sê skoolkinders in die gemeenskap is te bang om die brug te gebruik.

Daar word gedurig ook berigte van drankmisbruik, dwelmgebruik en -verkope en prostitusie ontvang.

Die spanne was hard aan die werk en die resultate het vrugte afgewerp.

Die snyspan het bome wat oor sypaadjie groei afgesny.

Plante weerskante van die brug is oopgesny waar ongure elemente kan wegkruip.

Die graafspan het waterdreine oopgemaak by Nico Smithstraat (een drein se uitlaatpyp is ongelukkig nog steeds half verstop) en onkruid uitgehaal wat rondom verkeersligte gegroei het.

’n Verfspan was ontplooi om ’n mate van waardigheid na die omgewing terug te bring.

Hulle het verkeersligte by beide hoeke van Pierneef- en Nico Smithstrate geverf en parkeerpaaltjies, asook swart onderste gedeeltes van straatligpale is geverf.

Hope en hope papier, glas, matrasse, dwelmnaalde, en bedenklike sitkamerbanke is opgetel en verwyder.

Die organiseerders van die Moot-projek is baie tevrede met hoe die dag verloop het, maar wil ook die vrywilligers herinner dat hulle hard sal moet werk om hulle omgewing in stand te hou.

Daar sal binnekort kameras op die brug geïnstalleer word om veiligheid te verbeter.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button