Local news

AfriForum Wes-Moot-tak se LPR-kameras lei tot arrestasie

Binne die eerste uur nadat die kameras aktief was, is vier verdagte voertuie positief geïdentifiseer.

AfriForum het ’n nuwe manier gevind om hulle gemeenskappe veilig te hou, hierdie keer kom dit in die vorm van LPR-kameras.

Die burgerregteorganisasie se Wes-Moot-tak het op 8 Februarie LPR-kameras, wat van kunsmatige intelligensie gebruikmaak om nommerplate te ontleed, aan verskeie databasisse gekoppel.

Binne die eerste uur nadat die kameras aktief was, is vier verdagte voertuie positief geïdentifiseer en ’n arrestasie het reeds plaasgevind.

Op 9 Februarie is daar nog twee verdagte voertuie positief opgespoor en die inligting is aan die plaaslike polisie deurgegee.

Hierdie kameras is die eerste van twee LPR-kameras wat as deel van ’n kameraprojek oor groot gedeeltes van die Wes-Moot-area geïnstalleer is.

Tans kan die kameras slegs een baan se verkeer waarneem, maar die tak beplan om in die toekoms genoeg kameras te installeer om al vier bane te monitor.

“Hierdie projek is uiters belangrik vir ons gemeenskap en dit is net een van vele maniere waarop AfriForum-buurtwagte misdaad help bekamp,” se Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord AfriForum se Wes-Moot-tak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button