Local news

Studente knap Wonderboom-reservaat op

Ongeveer 50 studente was betrokke by die skoonmaaksessie en hulle was van 08:00 tot 10:00 besig.

Studente van die Onderstepoort Veeartsenykundige Fakulteit en Akwatiese Klub het Saterdagmiddag hulle moue opgerol en rommel by die Wonderboom-natuurreservaat by die Apies-rivier verwyder.

As gevolg van die onlangse vloede het baie rommel op die rivierbanke uitgespoel.

Ongeveer 50 studente was betrokke by die skoonmaaksessie en hulle was van 08:00 tot 10:00 besig.

“Dit maak my hart sommer trots om te weet dat die jeug so ’n sin van verantwoordelikheid openbaar,” sê raadslid Elma Nel.

“Ons toekoms is in veilige hande met leiers soos dié groep wat ek hier ontmoet het.

“Baie dankie vir elkeen se bydrae.”

Foto: Verskaf

Vrywilliger en sekretaresse van die komitee, Rachel Swanepoel, was baie tevrede met hoe die dag verloop het.

“Dit was ’n groot sukses en ek is baie bly met die verskil wat ons kon maak.

“Baie rommel wat met die onlangse reën en vloede afgekom het het tot hoog bo in die bome vasgesit.

“Alles van gewone plastiese rommel tot ’n slaapsak, stoel, klere, skoene, komberse, fotorame, ’n string pêrels, doeke, kar hooflig, elektriese bybehore, ens. Iets van alles!” sê Swanepoel.

Die Wonderboom-natuurreservaat is ’n 1 km²-reservaat wat ’n gedeelte van die Magaliesbergreeks in die noordelike gedeelte van die Pretoria-metropool insluit.

Foto: Verskaf

Sy vernaamste besienswaardighede is die Wonderboom naby die reservaat-ingang in Lavenderstraat en die verlate Fort Wonderboompoort op die kruin van die Magaliesberge, wat teen die einde van die negentiende eeu gebou is.

Swanepoel sê en haar mede-vrywilligers sien baie uit na die volgende skoonmaaksessie.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button