Afrikaanse Hoër Meisieskool kry perfekte telling by Jacaranda Family Quiz
Die meisies is deur Pretoria Boys High uitgedaag om aan die quiz deel te neem.
Afrikaanse Hoër Meisieskool het Maandagoggend die geleentheid gehad om deel te neem aan Jacaranda FM se Family Quiz kompetisie.
Dié kompetisie is baie gewild en skole van regoor Pretoria en Johannesburg kry die geleentheid om mekaar uit te daag om aan dié vasvra-kompetisie deel te neem.
Afrikaanse Hoër Meisieskool was uitgedaag deur Pretoria Boys High en het toe moeilik besluit wie om te stuur na die Jacaranda studio.
Sewe van die skool se slimkoppe is toe na Martin Bester en die Jacaranda FM ontbytspan se studio gestuur.

Die leerders was Erin Pieterse (presidente), Elsomé Thuynsma en Taryn van den Berg (vise-presidente), Annalette du Plessis en Mia van Heerden (prefekte), asook matriekleerders Lise-Marie Alant en Suzet le Grange.
Pieterse het die geleentheid gekry om belangrike skoolgeleenthede wat nog gaan plaasvind die jaar met Martin Bester en sy span te deel.
Daarna het die vasvra begin en Affies kon binne die 30 sekonders al tien die vrae beantwoord, en het nog tyd gehad vir ’n bonusvraag en kon dus 11 vrae in 30 sekondes korrek antwoord.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
