EntertainmentLocal news

Esté Gross se nuwe enkelsnit oor God se teenwoordigheid

Nie net is sy ’n bekende omroeper en nuusleser nie, maar ook ’n suksesvolle programsamesteller en rubriekskrywer.

Wanneer jy bewus raak van God se genade in jou lewe, kan jy nie anders as om jou potensiaal ten volle uit te leef nie.

Só reken Esté Gross se nuwe enkelsnit “Weerklink”.

Dié sangeres en liedjieskrywer is juis ’n vrou van vele talente en is op haar gelukkigste wanneer sy besig is.

Nie net is sy ’n bekende omroeper en nuusleser nie, maar ook ’n suksesvolle programsamesteller en rubriekskrywer.

Nou kan sy ook spog met ’n splinternuwe liedjie wat pas vrygestel is én ’n bundel van haar beste rubrieke op die rak.

Volgens dié veelsydige Gautenger is haar vierde enkelsnit “Weerklink” geïnspireer deur die skrifgedeelte in Mattheus 22:37 waar Jesus sê: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand”.

“Toe ek die liedjie geskryf het, het ek soveel vrede ervaar en baie bewus geraak van die Here se genade wat genoeg is, en deur die begeerte om tyd in die Here se teenwoordigheid te spandeer,” deel sy oor dié geestelike popsnit wat deur Gideon Botes vervaardig is.

“Weerklink” is ook ’n gebed dat God naby aan ons moet bly en sy hoop regtig dat dit elkeen wat daarna luister sal versterk en bemoedig.

“Die boodskap wat ek graag hiermee wil oordra, is dat ons die Here se teenwoordigheid moet opsoek en Hom weerklink en weerkaats in ons lewe.

“Hy is die een wat vrede gee en ons kan rus en wees in sy teenwoordigheid.”

’n Video van dié praglied is ook nou aanlyn en op die kassie beskikbaar.

Dit is verfilm by Campagne Living deur die span van Common Ground Collective, Dylan en Marike du Plessis.

“Net soos die lied, gaan die video oor die mens se begeerte om die Here se teenwoordigheid in jou lewe te ervaar.

“Die video beeld ook uit dat ons ons kinderlike spontaniteit en soeke na die mooi in die alledaagse moet behou om steeds te glo soos ’n kind,” vertel sy oor die konsep wat gebruik is.

“Die natuurskoon en die uitsonderlike ruimte van die venue en veral oop vensters sorg vir baie lig en oopte in die video. ’n Videotegniek (“double exposure”) is aangewend.

“Met dié tegniek speel die toneel van ’n dogtertjie, gespeel deur die fantastiese aktrise Xerésh Swart, oor die profiel van my gesig af.

“Dit beeld die verband tussen die soeke as volwasse na suiwer geloof en die onthou van kinderlike geloof uit.”

Video link:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button