Plan van aksie gereed om Heldeakker te vernuwe
'n Totaal van 18 instansies het reageer op die FAK se oproep om 'n plan van aksie in plek te stel vir die vernuwing en instandhouding by die Heldeakker in Pretoria.

Voorstelle is gemaak en aanvaar vir die ontwikkeling en verfraaiing van die terrein by die Heldeakker in Pretoria.
Die Heldeakker is ’n gedeelte van die ou Pretoria-kerkhof, wat in die destydse Kerkstraat-Wes in Pretoria geleë is.
Agtien instansies het geantwoord in reaksie op ’n oproep van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) om die terrein ’n nuwe baadjie te gee.
Die groep het vroeër vandeesmaand vergader om ’n plan van aksie in plek te sit en reeds hul opgewondenheid hieroor uitgespreek.
Die planne sluit in die verdeling van die Heldeakker in seksies waarvoor die instansies verantwoordelikheid vir die instandhouding sal neem.
Elke eerste Saterdag van ’n nuwe maand sal die Heldeakker ook oop wees vir die publiek om te besoek en self hand by te sit met die onderhoud.
Permitte sal verkry word sodat die grafte, sowel as die kerkie op die terrein, gerestoureer kan word.
’n Bestuurspan sal ook vir die tuin opgestel word om eenvormigheid in die aanbieding te bewerkstellig.
Ander instansies word uitgenooi om saam met die bestuurspan te werk. Kontak gerus vir barry@kultuurtuiste.org.za.
Kleintydbeserings ry nie liggaamsbouer se ambisie in die wiele nie
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
