EntertainmentLocal news

Liggies regom die wêreld bekoor

Temahuise soos Egipte, Hawaii, Londen en Parys het besoekers bekoor. Kamele, stalletjies, ritte en musiek uit Artist Village het die fees laat leef, ter ondersteuning van kinders in die kinderhuis.

Die Jakaranda Kinderhuis se 15de Liggiesfees het op 28 November geopen met vanjaar se tema “Kersfees om die wêreld” wat die terrein in East Lynne in ’n kleurvolle wêreldtoer vir besoekers omskep het.

Elke huis is kreatief deur die inwoners en huisouers versier om besoekers op ’n unieke, verligte reis te neem.

’n Kleurvolle replika van die ikoniese Eiffel-toring in Parys verlig een van die huise by die Jakaranda Kinderhuis se 15de Liggiesfees, waar die tema “Kersfees om die wêreld” besoekers op ’n magiese reis deur internasionale lande neem.Foto: Elize Parker
Charlene Grobler, hoof uitvoerende beampte van Jakaranda- en Louis Botha Kinderhuis. Foto: Elize Parker

Die opening is gelei deur die hoof uitvoerende beampte Charlene Grobler en die voorsitter van die kinderhuis se beheerraad, ds. Danie Janse van Rensburg, wat die lint na die wandelpad vol liggies en Kersversierings amptelik geknip het.

Grobler het ballonne in die vorm van lugballonne in die lug gelaat om die groot oomblik te vier.

“Ons wens almal ’n voorspoedige reis toe!” het sy die skare van sowat 200 vroeë besoekers toegewens.

Alumni van die kinderhuis en voormalige personeel het ook die Liggiesfees se opening bygewoon: Kayly van Wyk, Cornelia du Plessis en Minerva Robbertse. Foto: Elize Parker

Grobler het met dankbaarheid gesê dat die weer hulle ’n welkome blaaskans gegee het, ’n goeie teken vir die res van die fees.

Een van die gewildste temas was Egipte, waar kamele, katte en woestynmotiewe, besoekers by een huis begroet het. Drie kamele was ook teenwoordig vir ritte deur die terrein. Die Hawaii-huis het ’n vrolike Aloha-fotobord gehad, terwyl Londen- en Parys-areas aandag getrek het met bekende simbole soos ’n replika van die Eiffel-toring.

Vanessa Steyn van Pretoria-oos. Foto: Elize Parker

Die terrein bied ook ’n groot wiel, ’n mallemeule en ’n verskeidenheid stalletjies met eetgoed soos borreltee, springmielies en geregte uit verskillende lande.

Kunstenaars uit musiekpromotor Ferdi Steyn se Artist’s Village, insluitend groepe soos The Dadness en Cordelia, gaan saans die atmosfeer met lewendige musiek vul en die aande nóg feesteliker maak.

Sandra van Nieuwenhuizen met Tatum en Tristan van die Moot. Foto: Elize Parker
Besoekers word by die Egipte-temahuis verwelkom deur twee kamele wat gereed staan vir ritte deur die Liggiesfees-terrein. Foto: Elize Parker

Fondse wat met die Liggiesfees ingesamel word, sal vir die bedryf van die Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise in Pretoria aangewend word.

André en Trudie Keating Foto: Elize Parker

Besoek die Liggiesfees tot 23 Desember. Hekke maak om 18:00 oop met kaartjies wat vooraf by Tixsa sowel as by die hekke gekoop kan word. Kinders onder drie mag gratis binnegaan.

Die Jakaranda Kinderhuis is in Talitha Kumi-straat in East Lynne geleë. ’n Pendeldiens is beskikbaar om besoekers vanaf hul parkeerplekke na die terrein te nee

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button