Local news

Vroue moet servikale kankersifting eerste stel – metro

Servikale kanker is voorkombaar deur vroeë diagnose. Daar is gratis Pap smear-siftingstoetse beskikbaar by alle munisipale klinieke.

Die Tshwane metro doen ’n beroep op vroue en jong meisies om beheer te neem van hul gesondheid deur siftingstoetse vir servikale kanker tydens die Servikale Kankervoorkomingsweek vanaf 19 tot 25 Januarie te prioritiseer.

Deur die Departement van Gesondheidsdienste, sluit die metro by die wêreldgemeenskap aan om bewustheid oor servikale kanker te verhoog, ’n siekte wat voorkombaar en behandelbaar is indien dit vroeg opgespoor word.

Burgemeersterskomiteelid vir Gesondheid, Tshegofatso Mashabela, beklemtoon die erns van vroeë diagnose, veral omdat servikale kanker dikwels sonder merkbare simptome in die vroeë fases ontwikkel.

“Servikale kanker bly een van die hoofoorsake van kankerverwante sterftes onder vroue, en tog is dit grootliks voorkombaar. Vroeë diagnose deur gereelde sifting kan lewens red, en ons doen ’n beroep op vroue in Tshwane om van die gratis dienste by ons munisipale klinieke gebruik te maak,” sê Mashabela.

Sy moedig vroue aan om van die gratis Pap smear-siftingsdienste wat by alle metro munisipale klinieke aangebied word, gebruik te maak.

“Hierdie dienste vorm deel van die stad se verbintenis om voorkomende gesondheidsorg te versterk en vermybare siektes onder vroue te verminder.”

Servikale kanker ontwikkel in die serviks, the onderste deel van die baarmoeder, en word algemeen veroorsaak deur infeksie met die menslike papillomavirus (HPV).

Omdat servikale kanker in die vroeë stadium nie enige simptome het nie, bly gereelde siftingstoetse een van die mees effektiewe maniere vir vroeë diagnose.

Mashabela moedig inwoners aan om onmiddellik mediese hulp te kry indien hulle enige van die volgende simptome ervaar: abnormale vaginale bloeding, bloei na seksuele omgang, swaarder of langdurige menstruele bloeding, bloei na menopouse of ongewone vaginale afskeiding.

“Vroue moet nooit enige veranderinge in hul liggame ignoreer nie. Spoedige mediese aandag wanneer simptome verskyn, kan ’n kritieke verskil in uitkomste maak,” sê sy.

Sleutel- voorkombare maatreëls vir servikale kanker sluit in gereelde Pap smeer-siftings, beoefening van veilige seks, om vroeë seksuele aktiwiteit te vermy, en die aantal seksmaats te beperk.

Dit is ook belangrik om vinnige behandeling vir seksueel-oordraagbare infeksies te bekom, rook te vermy, en ’n kliniek so gou as moontlik te besoek sodra simptome voorkom.

Verder, sit sy die kriteria vir keuring van aanmerking uiteen, en verduidelik dat vroue 30 jaar en ouer vir gereelde Pap smeertoetse s by munisipale klinieke moet gaan. Vroue wat met MIV leef moet ongeag hul ouderdom getoets word, omdat hulle ’n hoër risiko om servikale kanker te ontwikkel in die gesig staar.

“Ons moedig veral vroue wat met MIV leef aan om sifting te prioritiseer, omdat vroeë diagnose noodsaaklik is om komplikasies te voorkom en lewens te red,” sê Mashabela.

Om toegang tot inligting te verbeter, sê die metro dat opvoedkundige pamflette oor servikale kanker by alle munisipale klinieke beskikbaar is en kan op versoek in verskeie Suid-Afrikaanse tale verskaf word.

Mashabela sluit af deur ’n beroep te doen op families, gemeenskapsleiers en gesondheidwerkers om vroue te ondersteun om siftingstoetse en vroeë diagnose eerste te stel.

“Voorkoming van servikale kanker is ’n gesamentlike verantwoordelikheid. Deur saam met families, gemeenskappe en gesondheidverskaffers te werk, kan ons servikale kankergevalle aansienklik verminder en die lewens van vroue in Tshwane beskerm,” sê sy.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Itumeleng Mokoena

Itumeleng Mokoena is a skilled journalist with experience in investigative reporting, interviewing, photography, and writing accurate news. Based at Pretoria Rekord East, he covers various beats and is dedicated to informing and educating the community. With a diploma from Tshwane University of Technology and previous experience at Lowveld Media, he is a passionate and hardworking journalist.
Back to top button