AdvertorialSchools

MONTIE-MATRIEKS VAN 2025 MAAK ONS TROTS!

Wanneer ons na die matriekgroep van 2025 se uitslae kyk, sien ons meer as net syfers – ons sien deursettingsvermoë, groei en akademiese moed.

’n Totaal van 295 kandidate het die Senior Sertifikaateksamen afgelê, waarvan 291 geslaag het, wat ’n uitstekende slaagsyfer van 98,64% verteenwoordig. Die klasgemiddeld vir die groep is 64,4%.

Verder het 245 leerders (83,05%) universiteitstoelating ontvang, terwyl 37 leerders (12,5%) diplomatoelating verwerf het – ’n duidelike aanduiding van sterk akademiese toegang tot verdere studiegeleenthede.

ONDERSKEIDINGS

Die matriekgroep van 2025 het in totaal 394 onderskeidings behaal, met ’n verdere 3 onderskeidings in Alpha Wiskunde – die tweede meeste onderskeidings in Hoërskool Montana se geskiedenis.

Uitstaande individuele prestasies sluit in:

  • 2 leerders met 8 onderskeidings
  • 3 leerders met 7 onderskeidings
  • 5 leerders met 6 onderskeidings
  • 15 leerders met 5 onderskeidings
  • 26 leerders met 4 onderskeidings
  • 24 leerders met 3 onderskeidings

Die Top 10-kandidate het ’n indrukwekkende gemiddeld van 88,2% behaal, terwyl die Top 20 ’n gemiddeld van 85,7% aangeteken het. Twee leerders het gemiddeldes bo 90% behaal. Verder het 33 leerders gemiddeldes bo 80% en ’n verdere 61 leerders gemiddeldes bo 70% behaal – ’n bewys van breë, volhoubare akademiese prestasie.

 

TOPPRESTEERDER

Die toppresteerder van 2025 is Gustav Liebenberg, met ’n uitstaande gemiddeld van 96,6% en 8 onderskeidings. Hy is aangewys as die tweede beste presteerder in Gauteng, asook die toppresteerder in Rekeningkunde in Gauteng, met ’n gemiddeld van 100% vir die vak.

Afrikaans Huistaal                  94%

English FAL                              94%

Wiskunde                               97%

Fisiese Wetenskappe             96%

Rekeningkunde                       100%

Inligtingstegnologie                99%

Lewensoriëntering                  96%

GEMIDDELD                           96,6%

Alpha Wiskunde                     98% (tweede beste prestasie in Suid-Afrika)

Sy prestasie bevestig die gehalte van akademiese uitnemendheid wat by Hoërskool Montana nagestreef en bereik word.

ANDER TOPPRESTEERDERS

Hoërskool Montana is besonder trots op die volgende toppresteerders:

  • Linden Ribeiro – Nommer 2-kandidaat, met ’n uitstaande gemiddeld van 90,4%. Linden het veral uitgeblink in Inligtingstegnologie en Dramatiese Kunste en het deurgaans hoë prestasies in al sy vakke gelewer.

  • Francois van Molendorff – Nommer 3-kandidaat, met ’n sterk gemiddeld van 89,9%. Sy uitslae in Besigheidstudies, Rekeningkunde en RTT getuig van akademiese veelsydigheid en volgehoue toewyding.

  • Carli Oosthuysen – Nommer 4-kandidaat, met ’n indrukwekkende gemiddeld van 89,6%. Carli het besonder goed presteer in Rekeningkunde en Besigheidstudies en het ’n gebalanseerde, hoë akademiese profiel gehandhaaf.

  • Anroe van Rooyen – Nommer 5-kandidaat, met ’n gemiddeld van 87,7%, asook ’n 82% in Alpha Wiskunde. Sy sterk prestasie in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe getuig van akademiese moed en deursettingsvermoë.

#6 – ALEXA MADER met ‘n gemiddeld van 86,6% en 6 onderskeidings, plus ‘n onderskeiding vir Alpha Wiskunde


#7 – RONAN FITZGERALD  met ‘n gemiddeld van 85,9% en 5 onderskeidings


#8 – KYLIE PRETORIUS met ‘n gemiddeld van 85,6% en 6 onderskeidings


#9 – LISA VAN SITTERT met ‘n gemiddeld van 84,9% en 5 onderskeidings


#10 – JUANELL LAMPRECHT met ‘n gemiddeld van 84,6% en 6 onderskeidings

 

VAKPRESTASIES – IN KONTEKS

Wanneer akademiese prestasie beoordeel word, is dit belangrik om vakgemiddeldes binne die regte konteks te lees. Gemiddeldes maak eers sin wanneer deelname, toegang en akademiese uitdaging saam gelees word. Hierdie faktore speel ’n wesenlike rol in hoe resultate tot stand kom.

By Hoërskool Montana word leerders aangemoedig om hul volle akademiese potensiaal te benut deur ook uitdagende vakke te neem. Hierdie breër deelname skep ’n leeromgewing waar groei, deursettingsvermoë en prestasie oor tyd ontwikkel, en dra by tot volhoubare akademiese sukses.

Die uitslae bevestig hierdie benadering:

  • 16 van die 23 vakke het ’n 100%-slaagsyfer behaal.
  • 7 vakgemiddeldes is bo 70%.
  • 6 vakgemiddeldes is bo 60%.
  • 10 vakgemiddeldes is bo 52% (geen vakgemiddelde onder 52% nie).

In sleutelvakke toon deelname en prestasie duidelik hierdie benadering:

  • Wiskunde: 152 leerders; vakgemiddeld 51,7%; 90,1% slaagsyfer; 7 onderskeidings.
  • Fisiese Wetenskappe: 119 leerders; vakgemiddeld 52,2%; 91,6% slaagsyfer; 5 onderskeidings.
  • Rekeningkunde: 77 leerders; vakgemiddeld 64,2%; 94,8% slaagsyfer; 24 onderskeidings.
  • Lewenswetenskappe: 102 leerders; vakgemiddeld 56,7%; 99% slaagsyfer; 14 onderskeidings.

Hierdie resultate weerspieël ’n skool wat nie net fokus op syfers nie, maar op die ontwikkeling van leerders – waar geleenthede tot beter prestasie lei en akademiese groei oor tyd versterk word.

2025 IN ’N OOGOPSLAG

(Hoogtepunte)

  • Slaagsyfer: 98,64%
  • Klasgemiddeld: 64,4%
  • Universiteitstoelating: 83,05%
  • Totale onderskeidings: 394 + 3 Alpha Wiskunde
  • Top 10-gemiddeld: 88,2%
  • Top 20-gemiddeld: 85,7%
  • Vakke met 100% slaagsyfer: 16 uit 23

TOP SKOOL IN DISTRIK TSHWANE-NOORD! 🏆

Die Monties het behoorlik die kollig gesteel tydens Distrik Tshwane-Noord se prysuitdeling wat op 27 Januarie te Soshanguve Hotel plaasgevind het. Mnr. Marius Lezar, die skoolhoof, en tien leerders is genooi na die geleentheid. Monties het met die volgende toekennings weggestap.

  • Hoërskool Montana is met trots aangewys as die Top Skool in die distrik– gebaseer op die hoogste universiteitstoelating, meeste onderskeidings en hoogste slaagsyfer.
  • Gustav Liebenberg ontvang die volgende toekennings

o   Toppresteerder in die distrik

o   Toppresteerder in Circuit 1

o   Beste prestasie in Afrikaans HT – 94%

o   Beste prestasie in Fisiese Wetenskappe – 96%

o   Beste prestasie in Rekeningkunde – 99,5%

o   Beste prestasie in Inligtingstegnologie – 99%

o   Tweede beste prestasie in Wiskunde – 96,5%

  • Twee leerders is onder die Top 5 van die distrik:
    🥇 Gustav Liebenberg – Nr. 1
    🏅Linden Ribeiro – Nr. 4
  • Lisa van Sittert – tweede beste prestasie in Afrikaans HT – 91%
  • Alexa Mader – tweede beste prestasie in Ekonomie – 89%
  • Warona Ditshego – beste prestasie in Verbruikerstudies – 91%
  • Lumari Louw – tweede beste prestasie in Verbruikerstudies – 88%
  • Francois van Molendorff – beste prestasie in RTT – 93%
  • Chloë Eksteen – tweede beste prestasie in RTT – 88,4%
  • Linden Ribeiro –nr. 4 leerder in distrik, derde beste prestasie in Inligtingstegnologie – 93%
  • Juané Bezuidenhoudt – tweede beste prestasie in Visuele Kunste – 91,4%
  • Tarien Rossouw – ontvang ’n beurs in Inligtingstegnologie – 91%

By Hoërskool Montana gaan prestasie hand aan hand met geleenthede, en akademiese prestasie groei wanneer leerders – met die regte ondersteuning – die kans kry om uitdagings aan te pak.

Die matriekgroep van 2025 laat meer as net uitslae agter. Hulle los ’n spoor – van harde werk, akademiese moed en toewyding – wat lank ná matriek nog sigbaar sal wees. By Hoërskool Montana glo ons dat ware prestasie nie net gemeet word aan waar jy eindig nie, maar aan die voetspore wat jy los vir dié wat ná jou kom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button