Sport

Gauteng-Noord se stoeiers beloon op spoggerige meriete-aand

Jong stoeiers is onlangs vir hul harde werk en prestasies beloon tydens 'n glans-geleentheid by die Voortrekkermonument.

Gauteng-Noord Stoei se jaarlikse meriete-aand, waarin die stoeiers van die unie se harde werk deur die jaar met toekennings beloon word, het die afgelope naweek by die Voortrekkermonument plaasgevind.

Vanjaar se geleentheid het die tema van ’n Oscar-aand in Hollywood aangeneem en baie moeite is gedoen om stoeipresteerders se toekenningsgeleentheid spesiaal te maak.

Dié prestige geleentheid was ’n duidelike bewys dat stoei in Gauteng-Noord tans op ’n baie gesonde grondslag bedryf word en dat die sport beslis in ’n groeifase is.

In sy jaarverslag het Danie Odendaal, president van Stoei Gauteng-Noord genoem dat daar tans meer as 1 000 geregistreerde stoeiers onder die vaandel van hierdie stoeivereniging aktief is.

Hoewel Tukkies se klub uitgestaan het met die hoeveelheid toekennings wat lede van dié klub ontvang het, was dit ook duidelik uit die aand se verrigtinge dat baie sterk klubstrukture regoor die Tshwane metro bestaan. Klubs soos Centurion, Moot, Reitz, Akasia, Menlopark en Soshanguve het almal hul deel aan die prestasies van stoeiers gehad en die verspreiding van krag onder verskillende ouderdomsgroepe by die klubs was duidelik sigbaar uit die aand se verrigtinge.

Die unie se skoon en sterk administrasie is ook duidelik weerspieël toe verskeie administrateurs vir hul prestasies beloon is.

Om alles te kroon het Gauteng-Noord loshande die grootste bydrae gelewer tot die nasionale meesters-stoeispan, wat onlangs aan die wêreldkampioenskappe in Oos-Europa deelgeneem het.

Die President van die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie, Sakkie Bosse, het in sy spreekbeurt op die meriete-aand erken dat Gauteng-Noord Stoei loshande die voorste stoei-unie in die land is. Hierdie feit word ondersteun deur die aantal medaljes wat plaaslike stoeiers vanjaar weer op die nasionale kampioenskappe verower het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button