Sport

Naelloper maak atletiekgeskiedenis in Pretoria

Geskiedenis is Saterdag gemaak by die senior Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe in die ABSA Tuks atletiekstadion toe Simon Magakwe van Noordwes die eerste Suid-Afrikaanse man geword het om die 100m in minder as 10 sekondes te kon hardloop. Sy tyd in die 100m finaal was 9,98 sekondes. Toe Johann Rossouw op 23 April 1988 die vinnigste Suid-Afrikaner …

Geskiedenis is Saterdag gemaak by die senior Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe in die ABSA Tuks atletiekstadion toe Simon Magakwe van Noordwes die eerste Suid-Afrikaanse man geword het om die 100m in minder as 10 sekondes te kon hardloop. Sy tyd in die 100m finaal was 9,98 sekondes.

Toe Johann Rossouw op 23 April 1988 die vinnigste Suid-Afrikaner ooit geword het met ‘n Suid-Afrikaanse rekord van 10,06 in die 100m, het Simon Magakwe nog in doeke rondgewaggel in ‘n township naby Lichtenburg. Rossouw se rekord is opgestel presies 21 dae voor Magakwe se tweede verjaardag.

Baie naellopers het die afgelope 26 jaar naby gekom, maar Rossouw se rekord én die magiese 10 sekondes grens was nie een van hulle beskore nie.

Selfs Magakwe moes lank wag om die eerste Suid-Afrikaner te word wat dié prestasie kon behaal. Hy het Saterdag sy sesde nasionale senior titel in die 100m vir mans gewen, maar hoewel hy in die verlede baie naby gekom het, moes Magakwe wag tot hy byna 28 jaar oud is voor hy sy naam op hierdie manier in die geskiedenisboeke kon verewig.

Ironies genoeg het die jong Pretorianer, Akani Simbine, ook Saterdag daarin geslaag om Rossouw se rekord te breek toe hy in die 100m finaal tweede geëindig het met ‘n tyd van 10,02 sekondes. Sy prestasie sal egter nie maklik die erkenning kry wat dit verdien nie, omdat al die aandag op Magakwe se historiese mylpaal sal wees.

Behalwe vir die prestasies van hierdie twee naellopers, het die Suid-Afrikaanse kampioenskappe ook weer bewys dat Pretoria steeds die grootste bydrae tot Suid-Afrika se atletiekspens lewer. Atletiek Gauteng Noord (AGN) het 18 nasionale titels by dié kampioenskappe verower.

Onder hierdie titels staan die jong Tukkie atleet, Rikenette Steenkamp, se blitsige 13,17 sekondes in die 100m hekkies vir vroue uit. Dit is slegs 0,23 sekondes stadiger as Corien Botha se 16-jaar oue Suid-Afrikaanse rekord.

Beide die mans- en damesspanne van AGN het die aflos-items ook oorheers deur die 4x400m en 4x100m items te wen.

By al die hoogtepunte het die byeenkoms ongelukkig ook ‘n negatiewe noot gehad toe die onbeholpenheid van beamptes veroorsaak het dat die 400 hekkies item vir mans ontsier is. Een van die stelle hekkies is te hoog gestel en dit het ‘n invloed op die uitslag van die wedloop gehad toe die gewese Olimpiese medaljewenner en nasionale rekordhouer in dié item, LJ van Zyl, sy ritme daardeur verloor het. Hy het uiteindelik tweede gekom, terwyl sy oefenmaat by Tukkies, Cornel Fredericks, hom met 0.79 sekondes geklop het.

Dis nie die eerste keer dat so-iets by ‘n atletiekbyeenkoms in Suid-Afrika gebeur nie en ernstige vrae kan oor die opleiding en kwaliteit van beamptes gevra word oor dié aspek. Soortgelyke foute kan tot ernstige beserings by atlete ly, terwyl ‘n atleet se loopbaan ook daardeur geskaad kan word.

 

Die naweek se volledige uitslae lyk soos volg:

Mans

100m:
1. Simon Magakwe (ANWN) 9.98 
2. Akani Simbine (AGN) 10.02
3. Emile Erasmus (AGN) 10.23

200m:
1. Ncincilili Titi (AGN) 20.41
2. Akani Simbine (AGN) 20.47
3. Tshegfatso Meshoe (ANWN) 20.73

400m
1. Wayde van Niekerk (AFS) 44.92
2. Shaun de Jager (BOLA) 45.82
3. Willem de Beer (AGN) 46.38

800m:
1. Andre Olivier (ACNW) 1:47.65
2. Rynardt van Rensburg (AFS) 1:48.51
3. Jacob Rozani (ANWN) 1:48.71

1500m: 
1. Jerry Motsau (ACNW) 3:47.91
2. Johan Cronje (AFS) 3:48.47
3. Mthobisi Baloyi (ACNW) 3:50.93

10 000m: 
1. Vuyisile Tshoba (AGN) 29:40.33 
2. Lukas Jani (AGN) 29:49.16 
3. Benedict Moeng (AGN) 29:52.72

400m hekkies:
1. Cornel Fredericks (AGN) 49.21
2. LJ van Zyl (AGN) 50.00
3. Hamman le Roux (AGN) 50.29

3 000m hindernis: 
1. Rantso Mokopane (ACNW) 8:48.36
2. Emanuel Mkhabela (AFS) 8:50.86
3. Sikhumbuzo Seme (AGN-I) 8:54.45

20km stap:
1 Lebogang Shange (CGA) 1:26:17
2 Wayne Snyman (AGN) 1:27.47
3 Marc Mundell (AGN) 1:30:51

4x100m aflos: 
1 AGN ‘A’ 40.46
2 AGN ‘B’ 40.85
3 AFS 41.02, 4 BOLA 42.72

4x400m aflos: 
1. AGN ‘A’ 3:07.91
2. AGN ‘B’ 3:11.14
3. ANWN 3:16.18

Verspring: 
1. Zarck Visser (CGA) 8.31
2. Ruswahl Samaai (USSA) 7.98
3. Dylon Cotter (CGA) 7.67

Hoogspring:
1. Mpho Links (AGN) 2.10
2. Tiaan Steenkamp (CGA) 2.10
3. Garth Ellis (EPA) 2.10

Driesprong:
1. Khotso Mokoena (CGA) 16.68
2. Roger Haitengi (NAM) 16.32
3. Tumelo Thagane (ACNW) 16.24

Skyfwerp:
1. Victor Hogan (BOLA) 63.45
2. Russel Tucker (AGN) 58.72
3. Dewald van Heerden (CGA) 57.17

Spiesgooi: 
1. Robert Oosthuizen (BOLA) 78.80 
2. Rocco van Rooyen (WPA) 77.59
3. Philmar van Rensburg (AGN) 76.15

Paalspring: 
1. Cheyne Rahme (CGA) 5.40 
2. Migael Celliers (AGN) 5.10 
3. Eben Beukes (CGA) 5.00

Gewigstoot: 
1. Orazio Cremona (AGN) 20.29 
2. Jaco Engelbrecht (CGA) 19.53
3. Tumelo Thage (AGN) 17.63

Hammergooi: 
1. Chris Harmse (AFS) 70.56
2. Tshepang Makhethe (AFS) 65.60
3. Kristiaan Bekker (CGA) 63.41

Tienkamp:
1. Willem Coertzen (ACNW) 8 199
2. Gert Swanepoel (ACNW) 6 871
3. Zavion Kotze (CGA) 6 833

 

VROUE

100m: 
1. Nabeela Parker (BOLA) 11.78
2. Samantha Pretorius (WPA) 11.80
3. Melissa Hewitt (ACNW) 11.81

200m: 
1. Justine Palframan (BOLA) 23.11
2. Melissa Hewitt (ACNW) 23.32
3. Simone du Plooy (AGN) 23.52

400m: 
1. Justine Palframan (BOLA) 52.48
2. Arista Nienaber (ACNW) 53.26
3. Sonja van der Merwe (WPA) 53.52

800m: 
1. Caster Semenya (AGN) 2:03.05
2. Mandie Brandt (BOLA) 2:04.20
3. Anushka Nice (AGN) 2:05.52

1 500m: 
1. Mapaseka Makhanya (CGA) 4:20.42
2. Lebo Phalula (CGA) 4:20.43
3. Mamphielo Sibanda (CGA) 4:26.75

10 000m:
1. Cornelia Joubert (CGA) 35:49.60
2. Anna Moeketsi (AFS) 37:52.82
3. Janet Dlamini (KZNA) 38:38.67

100m hekkies:
1. Rikenette Steenkamp (AGN) 13.17
2. Claudia Viljoen (AGN) 13.50
3. Erika Kleynhans (AGN) 13.62

400m hekkies: 
1. Wenda Nel (AGN) 54.92
2. Anneri Ebersohn (AGN) 57.41
3. Jean-Mare Senekal (BOLA) 58.05

3 000m hindernis:
1. Thembi Baloyi (AGN) 10:35.91
2. Jeanette Bokadie (CGA) 10:46.48
3. Caroline Marandela (CGA) 10:50.13

5 000m: 
1. Lebo Phalula (CGA) 16:16.96 
2. Nolene Conrad 16:44.14 (CGA)
3. Thishaamba Ravhandalala (AGN) 16:58.04

20km stap: 
1. Anel Oosthuizen (CGA) 1:42:40
2. Corli Swart (AGN) 1:45:40
3. Michelle Hopkins (CGA) 1:52:30

4x100m aflos:
1. AGN ‘A’ 46.41
2. AGN ‘C’ 47.46
3. AGN ‘B’ 47.79
4. KZNA 54.08

4x400m aflos:
1. AGN ‘A’ 3:42.31
2. BOLA 3:42.98
3. AGN ‘B’ 3:48.64
4. CGA 3:50.87

Verspring:
1. Lynique Prinsloo (AGN) 6.45
2. Carla Marais (AGN) 6.42
3. Samantha Pretorius (WPA) 6.21

Hoogspring:
1. Julia du Plessis (CGA) 1.75
2. Britany Uys (KZNA) 1.70
3. Merika Smuts (AGN) 1.70

Driesprong:
1. Matsi Dikotla (AGN) 12.77
2. Zinzi Chabangu (CGA) 12.46
3. Michelle Cornelius (AGN) 12.44

Gewigstoot:
1. Lezaan Jordaan (CGA) 6.07
2. Sonia Smuts (AGN) 15.91
3. Geraldine Duvenhage (ACNW) 15.40

Skyfwerp:
1. Maryke Oberholzer (AGN) 56.95
2. Elizna Naude (AFS) 54.76
3. Geraldine Duvenhage (ACNW) 52.09

Spiesgooi:
1. Sunette Viljoen (ACNW) 64.77
2. Megan Wilke (ACNW) 48.23
3. Sane van Zyl (ACNW) 46.70

Sewekamp:
1. Bianca Erwee (ACNW) 5 456
2. Sonnike Knoetze (AGN) 4 708
3. Marike Vermaak (AGN) 4 396

Paalspring: 
1. Deone Joubert (AGN) 3.90 
2. Stefanie Dauber (GER) 3.80
3. Kaitlyn Sparks (BOLA) 3.80

Hammergooi: 
1. Karin le Roux (BOLA) 54.67 
2. Nanette Stapelberg (ACNW) 54.64 
3. Stefanie Greyling (AFS) 51.24

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button