Sport

Atlete ontspan op partytjiebus voor Comrades

Die klub spog met ’n atleet wat vanjaar sy 25e Comrades voltooi het, terwyl drie atlete hul 20e Comrades voltooi het.

Alpha Centurion-marathonklub is een van die grootste van sy soort in Pretoria. Die klub is veral bekend vir die gewilde en bekende Wally Hayward-marathon wat hy jaarliks in Centurion aanbied.

Die klub word jaarliks goed by die Comrades-marathon verteenwoordig. Vanjaar was geen uitsondering nie en 46 atlete van Alpha Centurion het op 1 Junie by die wegspring aangetree om dié moordende wedloop aan te durf. Slegs sewe atlete van die klub kon nie die Comrades voltooi nie, maar van die 39 wat wel klaargemaak het, het sommige belangrike mylpale behaal.

Die klub spog met ’n atleet wat vanjaar sy 25e Comrades voltooi het, terwyl drie atlete hul 20e Comrades voltooi het. Daar was ook twee atlete wat hul tiende wedloop klaargemaak het, terwyl vyf van die ses beginners daarin kon slaag om hul eerste medalje te verower.

Die klub se bestuur het al hul Comrades-deelnemers op Saterdag,’n week voor dié belangrike wedloop, met ’n rit op Pretoria se bekende partytjiebus bederf om hulle in ’n goeie stemming vir die groot dag te kry. Hulle het vanaf die klubhuis in Clubview vertrek vir ’n pretrit op dié bus wat ook ’n ontbyt by die Voortrekkermonument ingesluit het. Die volgende dag, presies ’n week voor die wedloop, het al die atlete ook by hul klubhuis saamgetrek vir ’n kerkdiens.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button