Sport

Grizzlies jeugrugby weer op volle stoom

Die Tuine Sportklub se Grizzlies rugbyspanne gaan van krag tot krag en intussen het die seisoen vir die jeugklub ook weer aangebreek.

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat jong skolerugbyspelers ’n kans kry om hul seisoen te verleng deur betrokke by jeugklubs te raak.

By die Tuine-sportklub is die Grizzlies ook weer gerat vir ’n puik seisoen en oefeninge het reeds begin. Oefening vind elke Dinsdag en Vrydag vanaf 18:00 plaas.

Seuns wat reeds twee jaar by jeugklubrugby betrokke is, kwalifiseer om deel te neem aan die proewe vir die Blou Bul-jeugklubspanne. Dié spanne word op o.12, o.14, o.15 en o.18 vlak gekies.

In die klubliga is daar vanjaar vyf rondtes wedstryde en daarna begin die voorbereiding vir die sewesrugbytoernooi.

Die Grizzlies was vroeër vanjaar gasheer vir die unie se groot juniorklubs sewesrugbytoernooi en daar was meer as 2 500 spelers betrokke.

Die Grizzlies se o.18-span het verlede seisoen hul liga gewen en twee seuns uit die klub het die provinsiale spanne gehaal wat in Durban aan die nasionale toernooi deelgeneem het.

Alle seuns tussen die ouderdom van 8 en 18 is welkom om by die Grizzlies aan te sluit vir vanjaar se jeugklubrugbyseisoen.

Die klub verwelkom ook altyd nuwe afrigters en spanbestuurders wat betrokke wil raak. Daar word selfs kursusse vir hulle by die Blou Bulle gereël.

Dit is die Grizzlies se doelwit om klubrugby op alle vlakke in die weste van Pretoria weer sterk te maak. Daar is wel ’n opwaartse kurwe in klubrugby en met die beplanning van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) se bestuurskomitee gaan klubrugby weer sy regmatige plek inneem.

Navrae: Dino by 082-410-6669 of Jaco by 073-179-5573.

– Intussen het die BBRU hul ondersoek afgehandel na die voorval op 7 Junie vanjaar, toe ’n skeidsregter van die Blou Bulle op die terrein van die Tuine-sportklub aangerand is. Die klub en sy bestuur is onskuldig bevind aan enige wangedrag, nadat bepaal is dat die oortreding deur onafhanklike individue gepleeg is.

Die BBRU het Tuine-rugbyklub bedank vir die wyse waarop hulp verleen is tydens die ondersoek en die tydelike verbod wat na die voorval geplaas is op alle tuiswedstryde, is opgehef.

Die BBRU het ook aanbeveel dat daar in die toekoms onmiddellik opgetree moet word teenoor toeskouers wat beledigende aanmerkings teenoor wedstrydbeamptes maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button