Garsfontein en Tuine dra die vlag vir Pretoria
Die Hoërskool Garsfontein is die enigste oorblywende Makro Skool in Pretoria wat nog die gesogte Beeldtrofee in dié afdeling kan wen, nadat hulle Saterdag met Centurion afgereken het in die kwarteindrondte. Die eindtelling was 42-24 in Garsfontein se guns. Die enigste ander skool uit Pretoria wat in die kwarteindrondte vir Makro Skole betrokke was, is …
Die Hoërskool Garsfontein is die enigste oorblywende Makro Skool in Pretoria wat nog die gesogte Beeldtrofee in dié afdeling kan wen, nadat hulle Saterdag met Centurion afgereken het in die kwarteindrondte. Die eindtelling was 42-24 in Garsfontein se guns. Die enigste ander skool uit Pretoria wat in die kwarteindrondte vir Makro Skole betrokke was, is Menlopark. Hulle het egter met 24-31 teen Dr. EG Jansen van Boksburg verloor. Garsfontein kom eerskomende naweek teen laasgenoemde te staan. In die afdeling vir Groot Skole hou die Hoërskool Tuine nog Pretoria se naam hoog, nadat hulle ‘n skok-oorwinning oor Helpmekaar van Johannesburg behaal het. Die eindtelling was 21-18 in Tuine se guns. Oos Moot kon ongelukkig nie die pyp rook teen Klerksdorp nie. Hulle het in ‘n spannende stryd met 3-9 verloor. Affies en hul bure en aartsvyand, Pretoria Boys High, was ook die afgelope naweek in hul jaarlikse vriendskaplike derby slaags en Affies het hul sewende agtereenvolgende oorwinning teen hul Engelse bure behaal. Boys High kon Affies in 2008 laas klop, terwyl Affies in 2011 tweekeer teen hulle gewen het.
