Sport

Blou Bulle klop OP Kings en verdien bonuspunt

Die Blou Bulle het Saterdag op Loftus Versfeld wel hul eerste oorwinning in vanjaar se Curriebekerreeks behaal, maar of hulle enigiemand oortuig het dat dinge besig is om te verbeter, is ’n ope vraag. Al het die Bulle vier drieë in die wedstryd gedruk om ’n bonuspunt te verdien, was hul oorwinning van 30-25 steeds …

Die Blou Bulle het Saterdag op Loftus Versfeld wel hul eerste oorwinning in vanjaar se Curriebekerreeks behaal, maar of hulle enigiemand oortuig het dat dinge besig is om te verbeter, is ’n ope vraag.
Al het die Bulle vier drieë in die wedstryd gedruk om ’n bonuspunt te verdien, was hul oorwinning van 30-25 steeds nie oortuigend nie. Inteendeel, die wedstryd was tot in die laaste minuut in die weegskaal en die manne uit die Oos-Kaap het nooit ophou veg om die Pretorianers te probeer verras nie.
Die eerste helfte het beslis nie rugby opgelewer wat die toeskouers of die spelers lank sal onthou nie. Die Bulle se spel was deurtrek met foute en, soos in hul eerste twee wedstryde teen die Leeus en die WP, kon die Bulle net nie daarin slaag om enige momentum op te bou nie.
Ten spyte van al die foute kon die Bulle tog teen die einde van die eerste helfte ’n bietjie selfvertroue opbou met ’n mooi drie deur kaptein Deon Stegmann na ’n goeie dryfbeweging. Dit het hulle in staat gestel om halftyd te gaan water drink met ’n voorsprong van 11-8.
In die tweede helfte het dinge vir die Blou Bulle beter begin gaan. Die skeidsregter het die OP Kings ook al hoe meer begin straf vir hul ongeoorloofde spel by die afbreekpunte en toe hulle reserwe-haker op ’n stadium af is met ’n geelkaart, het die Bulle die geleentheid gebruik om beheer oor te neem.
Hoewel die OP Kings nooit opgegee het nie, was die Bulle se drie drieë in die tweede helfte te veel vir die besoekers om te oorkom. Hulle het laat in die wedstryd binne trefafstand gekom, maar op daardie stadadium was die slag reeds gelewer.
Die eerste vyf ligapunte is nou op die puntetabel vir Frans Ludeke se manne, maar daar wag baie harde werk as hulle terug wil kom in hierdie kompetisie.

BLOU BULLE: 30. Drieë: Deon Stegmann, Akona Ndungane (2), Jesse Kriel. Doelskoppe: Tony Jantjies (2). Strafdoele: Tony Jantjies (2).

OP KINGS: 25 . Drieë: Shane Gates, Lizo Gqoboka, Michael van Vuuren. Doelskoppe: Scott van Breda (2). Strafdoele: Scott van Breda (2)

BLOU BULLE: 15. Jesse Kriel, 14. Akona Ndungane, 13. William Small-Smith, 12. Burger Odendaal, 11. Sampie Mastriet, 10. Tony Jantjies, 9. Rudi Paige, 8. Jono Ross, 7.Jacques du Plessis, 6. Deon Stegmann (kaptein), 5. Grant Hattingh, 4. Paul Willemse, 3. Marcel van der Merwe, 2. Bongi Mbonambi, 1. Dean Greyling.
Bank: 16. Bandise Maku, 17. Werner Kruger, 18. Nicolaas Janse van Rensburg, 19. Wiaan Liebenburg, 20. Piet van Zyl, 21. Joshua Stander, 22 Ulrich Beyers

OP KINGS: Scott van Breda, Ronnie Cooke,Tim Whitehead, Shane Gates, Siviwe Soyizwapi,Gary van Aswegen, Kevin Luiters, Luke Watson (kaptein), Paul Schoeman, Stefan Willemse, Steven Sykes,Darron Nell, Tom Botha, Edgar Marutlulle, Lizo Gqoboka
Bank: Mike van Vuuren, Charles Marais, Steven Cummins, Thembelani Bholi, Jaco Grobler, George Whitehead, Siyanda Grey.

Skeidsregter: Pro Legoete
Assistent skeidsregter: Jaco van Heerden en Cobus Wessels
TV skeidsregter: Johan Greeff

Vir meer sportnuus, volg Rekord op Twitter en ‘like’ ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button