Vodacom Bulletjiedag lok weer duisende na Loftus
Meer as 500 seuns, en 'n paar dogters, tussen die ouderdom van 6 en 8 jaar het Saterdag vir die Vodacom Bulletjiedag op Loftus Versveld bymekaar gekom. Kyk hier om te sien wie was daar.

Die jaarlikse Vodacom Bulletjiedag, wat Saterdag op Loftus Versfeld se B-, C-, en D-velde aangebied is, was weer ’n reuse sukses.
Meer as 5000 seuns (en ‘n paar dogters) tussen die ouderdom van 6 en 8 jaar het in skool- en klubverband aan die wedstryde deelgeneem.
Volgens Johann Schoeman, Bestuurder van Spelontwikkeling by die Blou Bulle Rugby-unie, was hierdie Bulletjiedag die grootste wat ooit aangebied is.
Die toeskouers, onder wie duisende ouers, grootouers en ander familielede van die spelertjies, het hul bydrae gelewer om dié Bulletjiedag weer ’n reuse sukses te maak.
Die aksie het die hele dag lank geduur, terwyl daar ook ander vermaak aangebied is vir die kinders wat nie deel was van die aksie op die veld nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

















